Seun vas ná ma se moord

akkreditasie

WELLINGTON. – Daar was kapmerke aan haar liggaam, so asof daar gepoog is om haar lyk op te kap.

Haar oë het uitgepop, maar was nog in haar kop.

Hierdie is nie ’n toneel uit ’n scary movie wat jou kleintoontjie van vrees laat omkrul nie.

Hierdie is die beskrywing van bure toe daar afgekom is op die erg geskende lyk van ’n vredeliewende vrou wat die aakligste van dode gesterf het. Dít na bewering aan die hand van haar eie vlees en bloed.

Inwoners van St. George-straat sukkel nog om die gru-gebeure te verwerk. Hierdie is immers nie iets wat ’n mens verwag om ooit op die platteland teë te kom nie.

Zoriea “Môtjee” Baker (57) was een van hulle. ’n Buurvrou duisend wat nie verdien het om só te sterf nie.

Zoriea “Môtjee” Baker
Zoriea “Môtjee” Baker se kinders het haar as ’n sagmoedige, vriendelike mens beskryf.

Baker se lyk is Woensdagmiddag in haar badkamer gekry. Vingers wys na haar 28-jarige seun wat haar na bewering met ’n graaf en paal doodgeslaan het. Waaroor weet niemand nie.

Dié seun het weens vermoedelike dwelmmisbruik aan erge geestesversteuring gely, maar almal is dit eens: geen seun kan ooit vir sy ma só kwaad wees dat hy haar só dood kan slaan nie.

’n Buurvrou, wat anoniem wou bly, sê sy het gereeld die cops gekontak oor die betrokke seun se gewelddadige neigings.

“Hulle het haar (Baker) gefaal. Elke keer as hy só met haar perform het, het ek die polisie gebel.

Anders

“Dan sê hulle net ek moet haar familie bel of ’n saak kom maak,” vertel sy.

Sy sê daar was Dinsdagaand weer ’n commotion by Baker se huis, maar hierdie keer het dit anders geklink as vorige kere.

“Ek het die volgende oggend by die hek gestaan toe die seun uitkom en sê hy het sy ma doodgemaak.

“Twee mans het gaan klop. Hy het oopgemaak en toe sien hulle bloed aan sy hande. Die seun het eers gesê dit was tamatiesous, maar toe force die mans hul way in en dis toe hulle op Môtjee se lyk in die badkamer afkom.”

Baker
Baker is Woensdagaand volgens Moslem-geloof begrawe.

Nadeem Kannemeyer (36) sê hy het die skok van sy lewe gekry toe hy Baker se lyk in die badkamer ontdek.

“Daar was kapmerke aan die vrou se hele liggaam. Dit het gelyk of hy sy ma in stukkies wou opkap.

“Hy het sy ma met ’n graaf gekap en met ’n paal geslaan. Haar oë was uitgepop, maar nog in haar kop.”

Volgens Baker se dogter, Maruwiya Abbas, was haar ma baie saggeaard en ’n goeie persoon.

Sy sê: “Sy het altyd ’n glimlag op haar gesig gehad en was lief om grappe te maak. Dit is hoe ons haar altyd sal onthou.

“Sy het ook met mental illness gesukkel, maar altyd gesmile en ander beter laat voel. Sy sou nie ’n vlieg skade aandoen nie.”

Volgens die slagoffer se oudste seun, Wariawan Baker, weet hulle nie wat presies gebeur het nie en is die polisie besig om die saak te ondersoek.

Volgens die bure was die seun gereeld in en uit by die rehabilitasiesentrum en het drugs gebruik. Baker is Woensdagaand volgens Moslem-geloof begrawe.

Die cops is tans besig om ’n moordsaak te ondersoek en die 28-jarige verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees