
ROBERTSON. – NAT weerstoestande het 'n lorrie driver en insittendes van 'n Mazda so byna hul lewens gekos.
Die ongeluk tussen die voertuie het Donderdagmiddag omstreeks 16:00 op die Robertson-Worcester-pad plaasgevind.
Son verneem dat die lorrie vir die aankomede kar moes padgee, toe die driver beheer oor sy lorrie verloor het.
Die lorrie het omgeslaan, en op sy sy beland.
Die driver van die kar met die insittendes het langs die pad stilgehou.
Kort nadat die ongeluk gebeur het, het talle motoriste stilgehou om die mense te help.
Die lorrie driver het geringe beserings opgedoen en is na 'n hospitaal geneem.
Mense wat in die kar was, is vir skok behandel.
Volgens omstanders op die toneel is die paaie nat, en kan die tipe ongelukke vermy word indien motoriste net 'n bietjie geduld is in die natweer.