Mense kry pap in Vrouemaand

akkreditasie
Olin Kiewietz (met keps) en sy organisasie vul baie honger magies.
Olin Kiewietz (met keps) en sy organisasie vul baie honger magies.
verskaf

MONTAGU. — ’n Organisasie sonder winsmotief help veral hawelose vroue met vuurwarm mieliepap.

Olin Kiewietz van Change Agents South Africa sê hulle het aan die begin van Vrouemaand met die idee vorendag gekom om mense en veral vroue met heerlike mieliepap te voed.

Kiewietz en sy span het gister weer baie mense na hulle pappotte gelok en daar was selfs ’n tweede skeppie vir dié wie se magies nog geknor het.

“Mense waardeer die pap en dit vul hulle darem vir ’n paar uur van die dag,” het Kiewietz gesê.

Antonie Klaas was Donderdagoggend die voorbok in die eet-ry. “Ek moet eers my pap kom eet om krag vir die dag te kry om weer kos op my gesin se tafel te sit,” het Klaas hoogs in sy skik gesê.

Noleen Hoogbaard is baie bly oor wat Kiewietz vir veral swanger vroue doen.

“Ek kan voel hoe my baba die pap geniet en sy skop ook nie snags so baie nie,” sê Hoogbaard.

Volgens Kiewietz beoog sy organisasie om nog in die res van die maand veral vroue te bederf.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees