KYK | 7 gesinne se lewe nou hel

akkreditasie

HULLE lewe nou in vrees.

Huurders van ’n huis in Worcester voel nou hulle lewens is in gevaar nadat die landlord na bewering hul lewens hel begin maak het.

Volgens Janine van Niekerk het hul landlord verlede naweek met skollies daar ingebars en van die huurders se deure afgetrap.

Van Niekerk, wat saam met ses ander gesinne in die huis woon, vertel hulle was almal in hul kamers toe hulle die gewoel hoor. Na bewering het die landlord saam met skollies daar ingebars – een met ’n piksteel en ’n pitbull.

Hy het toe met sy makkers by die een inwoner se kamer ingegaan en op haar begin skree.

“Hulle het die deur oopgetrap en begin skree.

“Sy het in haar panty en t-shirt gelê en hulle het probeer haar foon afvat toe sy iemand wou bel.

“Hy het haar ook in die bed geklap. Die is ’n weerlose vrou wat nie geweld ken nie.”

“Ons sewe families bly lekker saam en skielik is ons lewens in gevaar.”

Janine van Niekerk
Huurders soos Janine van Niekerk, sê hulle voel onveilig.

Van Niekerk beweer hy was baie aggressief teenoor van die huurders wat daar was. Hulle goed is ook gesteel en beskadig.

Daar was ook voorheen ’n geval waar Van Niekerk van brandstigting beskuldig was.

“Ek en my kinders kon doodgebrand het, want ons was onbewustelik van die rook.”

Sy beweer hierdie dinge is verskriklik vir hulle wat kinders daar het en meen dis ongesond vir die kinders om dit te aanskou.

“Ons wil hê die mansmens moet toegesluit word.”

Bennum Kok, die landlord, beweer dis onwettige huurders en hy sukkel om hulle uit te kry.

Volgens Kok het hulle sedert Mei-maand nog nooit huur betaal nie.

Brand
Die plek was voorheen deur die landlord se makkers aan die brand gesteek.

Betaal

“Ek is besig met ’n uitsettingsbevel, maar dit kos baie geld.”

Kok erken ook dat hy die beweerde skollies aangestel het om tot by die plek te gaan, maar hy het nie geweet hulle is tikkoppe nie.

Die skollies het glo die huurders se eiendom gesteel en beskadig.

Volgens Kok betaal slegs drie gesinne wat daar woon hul huur.

A.O Joseph Swartbooi, ’n polisiewoordvoerder, bevestig die Worcester-polisie ondersoek die sake wat aanhangig gemaak is.

“Die ondersoekbeampte wat aan die genoemde sake toegewys is, soek alle beskikbare inligting.

Swartbooi bevestig dat ’n verdagte aangehou is op ’n aanklag van aanranding wat geskeduleer is om op 11 Augustus ’n hofverskyning te maak in die Worcester-landdroshof op die genoemde aanklag.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees