
ROBERTSON. - Dis 'n stryd om kop bo water te hou.
Inwoners van die Oppie Koppie-informal settlement sit op moedverloor se vlakte en sê hongersnood is hul voorland.
Baie van die inwoners werk op landelike gebiede en hul weeklikse pay is maar peanuts, kla hulle.
Anna Braaf (66) sê met kospryse wat die hoogtes inskiet, kan sy skaars met haar pay vir 'n week uitkom.
Braaf sê baie van hul mense hier Oppie Koppie gaan na loan sharks om geld te gaan leen.
"Wanneer ons gepay het, moet ons die lening met hope rente terug betaal, en dan weer leen om net te oorleef," het Braaf verduidelik.
Volgens haar weet sy nie wat die toekoms vir haar en haar gesin inhou nie.
"Alles gaan op, behalwe die pay," het Braaf gesê.
Sandra Lombaard sê sy kan nie meer eens vetkoeke bak nie.
"Die visolie is baie duur, so vetkoeke se dae is by ons getel," het Lombaard gesê.
Inwoners sê hulle moet maar nou cheap R5-brode koop om aan die lewe te bly.