GOUDA. – DRIE mense is opslag dood in 'n tragiese ongeluk.
Hierdie ongeluk het Sondagaand naby Gouda omstreeks 19:35 plaasgevind.
Volgens Inligting was 'n taxi en nog 'n voertuig in die ongeluk betrokke.
In hierdie stadium is die vermoede dat een van die voertuie 'n ander wou verby steek, toe die voertuie reg van voor teen mekaar gebots het.
Met die impak het die een taxi aan die brand geslaan en mense het verspreid in die pad gelê.
'n Lorriedriver wat kort ná die ongeluk op die toneel verby gery het, se agteryer het 'n video gemaak.
In die video kan duidelik gesien word hoe die taxi op sy kant lê en besig is om te brand.
Mense lê ook in die pad verspreid en mens kan nie sê of van hulle nog leef of dood is nie.
Die ander voertuig staan opgefrommel in die pad.
Die ou wat die video vaslê, klink duidelik geskok, en noem hoe die mense daar in die pad lê.
Kapt FC Van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, bevestig dat hul inligting van 'n kop-aan kop botsing op die R46-roete naby Gouda ontvang het.
Van Wyk sê toe die polisie op die toneel kom, was daar 'n Toyota Quantum minibus en 'n Toyota Condor in die ongeluk betrokke.
Volgens Van Wyk het die minibussie omgeslaan en aan die brand geslaan.
Van Wyk se twee persone is op die toneel dood verklaar en 'n ander persoon is in die hospitaal oorlede.
Die slagoffers is 46, 50 en 54 jaar oud.
Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.
'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Enigeen met inligting kan ondersoekbeamte Sers. Angelo Jacobs by 079 894 0192 of Misdaadvoorkoming by 08600 10111 bel