Beseer vir sy pel se kwaad

akkreditasie
Garrith Klaase (links) sê hy moes boet vir sy vriend, Camerin Pienaar, se dade.
Garrith Klaase (links) sê hy moes boet vir sy vriend, Camerin Pienaar, se dade.
Kallie Smith

’N TIENER is ernstig aangerand sonder dat hy iets verkeerds gedoen het.

Garrith Klaase (17) van die plaas Goedverdiend tussen Saron en Porterville het geboet vir die dade van sy wat eintlik die target was.

Pienaar wou wraak neem op ’n 16-jarige bendelid wie se tjommie hom ’n tyd ge­lede met ’n mes gesteek het.

Pienaar sê toe hy die klong laas Donderdag raakloop, slaan hy hom, maar die gangster hol toe weg.

Toe raak hy so kwaad dat hy sommer ’n stoor se ruit gaan stukkend slaan het.

Iemand het die onderbestuurder gevra om Pienaar se ma in die wingerd te gaan haal om hom te laat afkoel.

Maar dié keer kom hy toe terug met ’n klomp mans op die bakkie glo om met Pienaar af te reken.

Garrith Klaase
Klaase se lyf is oortrek met slaanmerke soos hierdie en hy het ook kopbeserings opgedoen.

Klaase het per toeval op Pienaar afgekom, onbewus van wat aan die gang was.

Aftrap

Maar toe hy die klomp mans sien wat met snoeiskêre en klippe op hulle afstorm, het hy saam met Pienaar gevlug en in hulle huis gaan wegkruip.

Hy vertel: “Toe hulle die deur probeer aftrap, spring ek deur die venster.

“Maar ’n ander groep mans keer my toe voor en toe slaan hulle my met knopkieries en sambokke.

“Hulle maak toe ’n band om my nek vas en lei my soos ’n hond daaraan huis toe. Die polisie het later daar aangekom.”

Klaase sê hy is so erg aangerand dat hy hospitaal toe moes gaan.

Hy het Maandag ’n klag by die polisie ingedien.

Toe Son die onderbestuurder, Stefan Schwartz, vra om op die beskuldigings te reageer, was sy antwoord: “Ek het geen kommentaar nie.”

’n Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê: “Die een klaer het na bewering ruite gebreek en hy het bloed aan sy hande gehad.

Gegooi

“Die klaer (Pienaar) het klippe na die bestuurder gegooi wat toe werkers gaan haal het om die gebou op te pas.

“Die klaer en sy vriende het die werkers met klippe gegooi en hulle is toe agterna gesit. Die werkers het na bewering die een klaer aangerand.

“’n Klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek. Geen arrestasie is nog gemaak nie.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees