Ashton-vrugtefabriek kan sluit

akkreditasie
Werkers by die fabriek gaan hulle werk verloor.
Werkers by die fabriek gaan hulle werk verloor.
Verskaf

AGRI SA is diep bekommerd omdat die inmaakfabriek van Tiger Brands in Ashton in die Wes-Kaap kan toemaak.

Dit sal meer as 4 500 werkers in die sektor en in die omgewing raak. Nie lank gelede nie is die ondertekening gedoen van die Agriculture and Agro-Processing Masterplan.

In Mei het die minister van landbou, landhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, gepraat van hulle planne en die die Agriculture and Agro-Processing Masterplan is saam met vennote onderteken.

Die Langeberg en Ashton fabriek is die grootste in Suid-Afrika waar vrugte ingelê word. Daar is reeds gevra dat die Wes-Kaapse regering en die nasionale regering ingryp.

Tiger Brands het aangedui 250 permanente werk en 4 300 seisoenale werk sal verlore wees. Die fabriek onderhou Ashton se gemeenskap en 'n sosio-ekonimiese ramp word gevrees.

Buiten fabriekwerkers sal plaaswerkers ook geraak word. 

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees