DIE staat sal borgtog Woensdag teenstaan in die aansoek van die bolliebetoger Andile Lili, wat teregstaan op klagte van aanhitsing tot geweld.
Lili (40), ’n uitvoerende ANC-lid en leier van die Ses’khona People’s Rights Movement, was Vrydag voor landdros Cyril Krautz in die Bellville-landdroshof.
Die staat se Peter John Damon staan borgtog teen oor die ernstigheid van die oortreding en oor Lili dit voor die hof gesê het toe hy op borgtog was ná die poo-gooiery op die Kaapstad-lughawe.
Lili is Woensdag aangekeer oor hy glo gesê het boewe moet “dadelik en wreed vermoor word”. – News24Wire