John Dobson hoop die Stormers gaan met hulle beste vertoning in die final van die United Rugby Championship opdaag.
Die Stormers se coach het Saterdagaand ná sy span se dramatiese oorwinning van 17-15 oor Ulster erken dit was ver van sy span se beste vertoning.
Hy glo die Kapenaars sal ’n paar tegniese aspekte van hulle spel moet opknap voordat hulle Saterdag gasheer vir die aartsvyand, die Bulls, in die eindstryd in die Cape Town Stadium gaan speel.
Hy het agterna gesê: “Dit was ’n baie frustrerende vertoning. Ons dissipline was swak.
“Ons het ook nie by ons plan gehou nie.
“Daar is dus beslis ’n paar dinge wat ons sal moet regstel wat ons verkeerd gekry het en dit is al waarop ons vandeesweek gaan fokus.”