Dié korrektiewe fasiliteit het met gemeenskapsgebaseerde geestelike organisasies saamgewerk om ’n anti-crime-Jeugdagprogram aan te bied.
’n Bestuurder van geestelike sorg by die tronk, Lewies Davids, sê die doel met die program was om jong mense te waarsku sodat hulle nie self agter tralies by Pollsmoor beland nie.
Jong mense het Donderdag op 'n viering van Jeugdag by die Pollsmoor-gevangenis gesê: "As vandag se jeug flop, dan is die toekoms 'n flop."