Inwoners van St. George-straat in Wellington sukkel nog om die gru-gebeure te verwerk. Hierdie is immers nie iets wat ’n mens verwag om ooit op die platteland teë te kom nie.
Daar was kapmerke aan haar liggaam, so asof daar gepoog is om haar lyk op te kap.
Haar oë het uitgepop, maar was nog in haar kop.
Hierdie is nie ’n toneel uit ’n scary movie wat jou kleintoontjie van vrees laat omkrul nie.
Hierdie is die beskrywing van bure toe daar afgekom is op die erg geskende lyk van Zoriea “Môtjee” Baker (57). ’n Buurvrou duisend wat nie verdien het om só te sterf nie.
Die cops is tans besig om ’n moordsaak te ondersoek en die 28-jarige verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.