DIE ergste wat met hom sou kon gebeur het, was dat sy been dalk geamputeer moes word.
Maar nou lê hy met ’n kopskoot in die morgue nadat ’n manlike pasiënt berserk en trigger-hêppie met ’n cop se dienspistool geraak het.
Geret Carolus is een van die drie mense wat Saterdagaand doodgeskiet is in die New Somerset-hospitaal in Groenpunt in die Moederstad.
Carolus (48) was van Atlantis. Sy grootste vrees was nie dat hy hom dalk midde-in ’n skietery in die hospitaal sou bevind nie, maar dat sy been dalk weens erge diabetes afgesit sou moes word, vertel sy suster, Amanda Bodkin.
Bodkin (51) sê sy kon dit nie glo toe sy Saterdagaand die tyding van haar broer se skietdood kry nie.