Gemoedere het hoog geloop toe die vermeende moordenaars van die e-hailing-bestuurder Abongile Mafalala (31) Maandag in die Wynbergse landdroshof verskyn.
In die galery het ouers geskreeu hul kinders is onskuldig, maar die staatsaanklaer, adv. Brynmor Benjamin, het dit sommer duidelik gemaak nie een van die beskuldigdes is engeltjies nie.
Benjamin sê die grusame video in die sosiale media vertel al reeds alles van hoe Mafalala Dinsdag in Parkwood vermoor is en dit is genoeg bewyse.
Aan die ander kant het sy familie en vriende weer vir die families van die beskuldigdes geskreeu hul kinders het hul geliefde vermoor.
Son het voor die hofverrigtinge met Mafalala se meisie, Zandile Maweza gesels.