’n Ma van drie dogters is na bewering koelbloedig voor haar kinders vermoor nadat sy hulle pa se vermeende jolmeid aangerand het.
Charmaine Williams (35) van Heinz Park is na bewering laas Sondagaand deur haar jare lange boyfriend vermoor.
Sy is na bewering eers aangerand voordat hy ’n vuurwapen uitgeruk en haar deur die nek geskiet het.
Charmaine se suster Ashelite Williams (28) het Son genader oor die boyfriend weggehardloop het en sy graag wil hê geregtigheid moet geskied.
Geen arrestasie is nog in dié saak gemaak nie.