TRUMAN Prince, voormalige burgemeester van die Beaufort-Wes-munisipaliteit en munisipale bestuurder van die Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit, meen bruin politieke leiers kan baie bereik as hulle saamwerk.
Hy sê verder bruin mense moet oor die algemeen ophou met die "padda-houding" om mekaar af te trek as die ander wil opspring of verder in die lewe aanbeweeg en wil vorder.