KYK | James se stem troos kinders

akkreditasie

Die oorlede operasanger James Bhemgee se enigste dogter sê sy is dankbaar sy kon nog op Vadersdag haar pa van haar liefde vir hom verseker.

Rushana Groep (32) sê om haar pa te sien en hoor sing is hulle as kinders se gunsteling herinnering van hom. 

Groep sê sy en haar pa het sedert kindsbeen ’n hegte band gehad en dat hy ook met haar vier broers op hulle manier ’n verhouding gebou het.

Sy voeg by die afgelope tyd voor Bhemgee se afsterwe het hulle gereeld oor-en-weer bymekaar gekuier en dat dit ten alle tye ’n fees was.

“Dit was ’n plesier om hom te hoor sing en in moeilike omstandighede het sy stem mens hoop gegee.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees