Dis nag vir kabeldiewe van Voorbrug, Delft.
Inwoners wat meer as genoeg gehad het van vandalisme en kabeldiefstal in die gemeenskap het besluit om self ’n oplossing te vind.
Een inwoner vertel hulle het twee weke gelede as gevolg van nog ’n voorval waar die krag af was oor kabeldiefstal hul eie groep gestig wat saans op ’n hoek sit waar hulle die kragpale kan dophou en die oortreders kan monitor.
“Die groep is nie alleenlik gestig om die kabeldiefstal aan te spreek nie, maar alle misdaad in die gemeenskap.
“Ons is nou rerig gatvol en as ons nie self iets daaraan gaan doen nie weet ons nie wie sal nie.”