DIE gewese cop Jean Paul Carl Malgas (39) het Dinsdag vlugtig in die Kaapstad-landdroshof verskyn.
Daar was groot belangstelling by die Kaapse landdroshof toe Malgas omtrent in ’n toestand daar aangekom het. Hy het mank geloop, maar was ook in hand- en voetboeie.
Daar is al sedert Saterdag ’n herrie los nadat ’n skietery by die New Somerset Hospital in Groenpunt, Kaapstad, uitgebreek het. ’n Cop en twee pasiënte is in die skietery doodgeskiet.
Die beskuldiging is dat Malgas Saterdagaand vir Geret Carolus (48), ’n pasiënt van Atlantis, konstabel Donay Phillips (32), verbonde aan Seepunt-polisiestasie, en nog ’n pasiënt (43) van Piketberg koelbloedig doodgeskiet.