“HY WAS ’n grapperige, lieflike seun voordat hy drugs begin gebruik het.”
Sò vertel Jerreaux Sass se ouers, wie noem: “Ons het ons kind deur sy drug addiction verloor.”
Sass is Maandag koelbloedig in Retreat doodgeskiet.
Hy is ook van sy selfoon en skoene beroof.
Sy hartseer ma, Bonita sê: “Ek het die skote gehoor en dit het geklink of dit langsaan was.
“Min wetende dit is my seun wat hulle geskiet het.
“Aan sy wonde kon ’n mens agterkom hy het met sy killers gefight voordat hulle hom beroof het.”
Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om hom te help, maar hy wou, na verneem word, homself nie help nie.
Sy ouers het hulle tot die hof gewend om hom te dwing om vir rehabilitasie te gaan.
Hulle sou Woensdag hieroor in die hof verskyn het.