’N NAGMERRIE met onwelkome gaste.
Dis waarin 'n jong paartjie van Delft vasgevang is, omdat hulle hul droomhuis met ’n ander gesin - 'n man, sy vrou en hul sewe kinders - moet deel.
Dit het as ’n groot skok vir Elzaan Opperman (25) en haar man, Heinrich Opperman (28), gekom toe die vorige huurders van hul nuwe huis ná ’n week bo op hulle intrek.
Die paartjie het aan Son gesê hulle so erg getraumatiseer is hulle weet nie of hulle kom en of hulle gaan nie.