Hilton en Lorentia Phillips, die ouers van Tristan Phillips, het hulle nou tot die media gewend om hulle te help in hul soeke na antwoorde.
Tristan, die eienaar van ’n vervoermaatskappy, is op 28 Januarie vanjaar doodgeskiet terwyl hy mense op die hoek van Swartklip -en Highlands-rylaan in Mitchells Plain vervoer het.
Byna vyf maande nadat hul seun execution style doodgeskiet is, weet die ouers steeds nie wat werklikwaar met hom gebeur het nie.