Dillon Dyk (29) van Vlei View in Caledon was Dinsdagaand op pad winkel toe om ’n brood te gaan koop, toe hy na bewering deur die polisie doodgeskiet is.
Die jong man het sy lewe verloor toe 'n bakleiery tussen die polisie en die gemeenskap van Caledon uitgebreek het.
Drie beamptes van die Caledon drug squad is aangeval terwyl hulle ’n klopjag in Derde Laan uitgevoer het.
Nadat twee verdagtes gearresteer is, het die gemeenskap rooi gesien en probeer om hulle uit die polisie-vên vry te laat.
Dis toe dat die drie beamptes begin skiet en Dyk getref het.