Vroutjie raak op oudag soos ’n lawwe tiener

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK EN N is al langer as ’n jaar in ’n serious re­lationship.

Ons woon ook nou al so ses maande saam, Antie.

Aan die begin het ons baie van trou gepraat, maar nou is N net tjoepstil as ek daarvan praat.

As ek hom vra hoekom hy dan nou so stil is, raak hy kwaad en sê ek moenie dik hou daarmee nie.

Ek verstaan regtig nie hoekom hy nou so is nie. Aan die begin was alles perfek en lovey-dovey, maar dit lyk soms vir my hy is spyt ons is saam.

Naweke spend hy ook baie meer tyd met sy vrinne, dan mag ek nêrens gaan nie, want anders is hy kwaad.

Ek is baie lief vir hom en sien ’n future saam met hom.

Antie, hoe kan ek dinge weer terugkry om die ou, romantic way wat dit was? — Bekommerd, Whats­App

“Saambly, saamslaap en kind kry is die verloop van die lewe, so lyk dit my.”

Dís die woorde van daai song van Sugar Daddy wat nou by Antie opgekom het toe ek jou WhatsApp lees.

As daar links, regs en deurmekaar van die menu af geëet word, is die hele maaltyd deurmekaar.

Die lewe het ook maar sy alfabet, waar ’n mens by die begin afskop.

Noem Antie maar nou old school, maar jy date eers vir ’n tyd, leer mekaar beter ken en as julle voel hierdie is iets wat julle verder wil wat, gebeur die next levels soos trou, kinders kry en so aantes.

Kyk, trou is deesdae ook geen waarborg dat ’n couple bymekaar gaan bly nie, maar dit bly een van die hoekstene van ’n relationship/huwelik.

Jou outjie klink of hy aan’t uitkuier is en baie beslis nog nie reg vir ’n groot stap soos ’n marriage is nie.

Daarvoor enjoy hy dit nog veels te veel om tyd met sy vrinne deur te bring.

Dit is als fine en oukei, maar dit sou beter gewees het dat julle vir eers separately moes bly terwyl albei nog dinge op hulle eie wil doen.

Jy het ook ’n life van jou eie, of jy nou saambly of getroud is.

Jy het die reg op ’n social life en hoef nie net rond te sit tot hy die dag tyd het vir jou nie.

Bly in kontak met diegene in jou vriendekring. Moet nooit vriende afskeep vir ’n liefde wat nou en dan tyd vir jou het nie.

As alles in die lewe fail, het ons altyd familie en vriende om op terug te val, maar dan moet jy in gereelde kontak met hulle bly.

Dan moet jy jou ook afvra of jy regtig kansel toe wil stap met ’n man wat so traag is om ’n ring aan jou vinger te sit.

Dink jy die kuier met vriende en die bitter min aandag wat jy kry, gaan different wees die dag as hy “I do” gesê het?

Ja, alle girls droom van hulle fairytale-troudag eendag, maar moet jouself nie in ’n situasie sit waar jou fairytale ’n nagmerrie gaan uitdraai nie.

Liewe Antie Mona

MY VROU is iemand op wie ek nog altyd trots kon wees.

Deur die jare het ons lekker as ’n span saamgewerk en kon as ’n team ons kinders grootmaak. Ons kinders is vandag suksesvol in hulle onderskeie beroepe.

Die plan was altyd dat as ons die dag aftree, ons meer tyd saam sal deurbring.

Maar dit is dan nou glad nie so nie, Antie.

Niggie rits op en af met haar vriendinne. Vandat Covid nou nie meer so ’n issue is nie, is hulle soos ’n spul vroue wat miere het.

Ek hoor dat hulle nou deesdae op plekke uithang waar daar ook mans van ons portuur is.

My vrou, kom ek deesdae agter, is nou soos ’n lawwe tiener met haar selfoon.

Ons is nou albei in ons vroeë 60’s, maar sy lê nou in die nag en chat goeters.

As ek vra met wie sy gesels, dan sê sy dit is met een van hulle vriendinne. Of hulle is besig met ’n group chat, wat dit ook al beteken.

Ek kan soms net nie die gevoel afskud dat sy vir my lieg nie. Sy boer deesdae ook darem net te veel in die haarsalonne en as ek net vir my ’n jerseytjie of ’n ding wil koop, moet ek hoor ons moet spaarsaam wees. Voel Eensaam, WhatsApp

Dit is belangrik dat jy met gemak dinge op jou eie kan aanpak, en ook ander goed met jou vrou.

As daar mans byvoorbeeld by die events is waarheen sy gaan, hoef dit mos nie ’n probleem te wees as jy saamgaan nie?

Klippe in ’n bos wil Antie nie gooi nie, juis omdat daar nie bewyse is dat jou vrou dalk haar oog op ’n mede- ouer bok het nie.

Maar as jy byvoorbeeld by so ’n event is, kan jy self sien wat alles daar aangaan.

En verder hoef jy as senior, volwasse man glad nie vir toestemming te vra as jy jouself ook bietjie wil spoil nie.

A nee a, jy is mos niemand se kind nie!

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees