Vrou se menopause dryf my na ’n spulse kollega

akkreditasie
Auntie Mona
Auntie Mona
~

Liewe Antie Mona

EK WIL vandag iets met Antie deel en hoop dat Antie nie te hard op my gaan neerkom nie.

Ek is ook een van daai mans wat by vroulief moes hoor dat menopause nou die name vannie game is.

Vroulief het my toe mooitjies laat verstaan dat sy nie meer lus is vir binneboud lê nie.

Ons is albei 46 jaar oud en ek is nog iemand wat fluks die ding in die slaapkamer wil doen.

Nes daai ander man wat aan Antie geskryf het, was daar hoop by my dat hierdie menopause nie lank gaan duur nie.

Maar toe tref dit my soos ’n vuishou: dit kan 14 jaar vat!

Antie! Dit was ’n groot, groot skok vir my. Ek mean maar, is dit fair dat daar vir iets soos 14 jaar van my verwag gaan word om droëbek in ons slaapkamer te lê?

Ek het probeer om die understanding hubby te wees, want die fase waardeur my vrou gaan is mos maar deel van die lewe.

Maar toe sy uit die slaapkamer trek en besluit een van ons spaarkamers is nou haar bedroom, toe besluit ek te hel met dit.

Daar was nog maar altyd hierdie spulse kollega met wie ek al vir jare lank saamwerk. Sy bly jags. As haar mond oopgaan, dan praat sy net van seks.

Ek het oor die jare na haar stories van hoe haar naweke was geluister en altyd gewens my vrou was so adventurous soos sy.

Sy het drie kinders van drie verskillende mans, maar dit lyk nie asof dit haar veel pla nie, want sy het ’n goeie werk en sorg vir haar kinders. Ek het toe besluit om meer geselsies met haar aan te knoop, tot op die punt waar ons op WhatsApp ook begin chat het.

En soos wat Antie sal kan aflei, het die gesprekke oor seks begin gaan, waar ek haar toe vertel het van die predicament waarin ek nou sit.

Ek het toe geskimp dat ek maar vir my ’n skelmpie sal moet kry - selfs al is dit net iemand met wie ek phone sex mee kan hê en net soos wat ek verwag het, was niggie toe sommer game.

Ons is nou al vir maande besig om mekaar met chats op te warm.

By die werk maak ons albei asof ons van g’n sout of water weet, maar na-ure chat ons ons fone aan die brand.

Ek hoef natuurlik nie te wonder wat as vroulief iets uitvind nie, want dié lê mos in haar eie kamer.

Ons praat anyway nie meer veel nie. Ons het een dogter wat in ’n ander dorp woon en werk, so daar is niemand in die huis voor wie ons hoef te pretend nie.

Vir my het dit daarop begin neerkom dat ons net in naam getroud sal bly.

Die ding is nou ek wil nie net meer chats met die kollega hê nie. Ek het haar ook so gesê, maar sy sê sy wil nie physically bymekaar raak met ’n getroude man nie.

Dit laat my nou wonder of dit nie maar beter sal wees om dinge met my vrou te beëindig nie.

Het Antie dalk raad vir my?Anoniem, WhatsApp

Hierdie kollega is dus nie so easy soos wat jy gedink het nie.

Sy is bereid om die stoute gesprekkies met jou aan te knoop, maar verder as dit gaan jy nie met haar kom nie. Verskoon tog maar enige pun wat in die vorige sin mag voorkom.

Die ding se naam is dié: Menopause is die naam vir die verskeie biological veranderinge wat tans in jou vrou se liggaam plaasvind. Dit bly die majority van ons se pad om te stap en gaan met verskeie ongemaklikhede gepaard.

Jy moes al gehoor het hoe daar gepraat word van hot flashes? Wel, dis eintlik maar die minste van die ongemaklikhede.

Die intieme sy van ’n huwelik/verhouding word ook geaffekteer. As ’n rivier droog loop, skaaf alle lewe in daai rivier hulle morsaf teen die droë klippe in daai eens vloeibare rivier. Nou só kan seks ook raak vir ’n vrou. ’n Bietjie goeie nuus is dat daar byvoorbeeld lubrication-produkte op die mark is wat dalk die unease kan verlig.

Opsies anders as om jou spuls te hou met ’n ander vrou is daar dus wel.

Dit klink vir Antie asof jy die vows van goeie en slegte tye, nat en droë tye nie ernstig opgeneem het nie.

Nee, ek wil nie hard op jou wees of jou swak maak nie, maar dalk sal jou vrou beter daaraan toe wees sonder jou in haar lewe.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees