Vrou dink ek jol ná sy condom in my sak kry

akkreditasie
Auntie Mona
Auntie Mona
~

Liewe Antie Mona

VIR Antie is ek baie bang. Antie het daai way om ’n mens op ’n mooi manier k*k te vertel.

Maar nie met ’n lelike intention nie, moet ek byvoeg.

Ek volg al jare lank Antie se rubriek en die een ding wat my altyd byval, is hoe mense oor en oor dieselfde fout maak.

Mense kla oor hul partners tot die klagtes by hul ore uitloop, maar hulle doen niks aan die saak nie.

Die meisie is nie hêppie met die outjie wat so cheat op haar nie, maar sy bly in die verhouding, want sy is lief vir hom.

In die meantime gaan die ou net voort met sy cheating, want hy weet die meisie gaan hom nie los nie.

Die man kla oor die min seks wat hy by sy vrou kry. Maar pleks van by sy vrou hieroor kla, kla hy by almal wat ore het.

En, Antie, só kan ek aangaan en aangaan. Ons almal het issues waarmee ons moet deal, niemand kan daaroor stry nie.

Maar hoekom is dit so moeilik vir mense om hierdie issues te bespreek met die mense wat die ongelukkigheid veroorsaak?

As Antie vir my daai vraag kan beantwoord, sal Antie my dag maak. — Anoniem, WhatsApp

Jy sal verbaas wees oor hoe baie mense juis die issues eers met hulle partners bespreek.

Hulle hardloop beslis nie eerste na my toe nie, dáái kan ek jou waarborg.

Jy sien, baie besef die doel en waarde van kommunikasie. As jy voorhuwelikse berading doen, soos wat baie kerke voorstel, gaan sit jy, jou wifey of hubby to be en die dominee vir ’n paar sessies waarin oor verskeie kwessies gesels word.

En in baie van hierdie sessies word daar benadruk hoe belangrik dit vir ’n couple is om te praat oor wat hulle op die hart het.

So, wanneer ’n issue opkom, gaan hulle natuurlik en doen die regte ding deur met hulle partner te praat.

Maar pleks van ’n oop gemoed kry van ’n partner wat willing is om te luister, word die wange onmiddellik opgeblaas en moet jy hoor: Ja, as jy dan nie hêppie is nie, gaan kry iemand anders, gaan kry jou seks by ’n hoer in Voortrekkerweg, jy moet maar net sterk wees ...

Hierdie tipe dinge word jou toegesnou. Antie maak nie hierdie dinge op nie.

Baie van die mans wat my vir raad kontak, doen dit as ’n laaste, desperate poging nadat hulle reeds ál wat ander opsie is, probeer het.

Baie van die mans is teen die planke. Hulle verstaan nie wat aangaan nie en hulle verstaan nie hoekom hulle gejaag word in die arms van iemand anders, terwyl dit glad nie hulle intentions is nie.

En doen hulle dit anyway, moet hulle hoor hulle was sleg in die huwelik en word hulle egskeidingshof toe gevat en gery vir elke pennie wat hulle het.

Dit gaan maar woes daar buite. Niks in hierdie lewe kan survive as paartjies nie saamstaan en saamwerk towards ’n goeie huwelik nie.

Daar is nie één huwelik wat volmaak in hierdie wêreld is nie.

Sommige het net ’n beter vermoë om seker te maak die haakplekke wat daar is, word reg gehanteer sodat dit nie ’n Grand Canyon-gat in jou huwelik veroorsaak nie.

Liewe Antie Mona

VIR die een of ander rede dink my vrou ek jol.

Dít nadat sy condoms in my sak gekry het.

Maar dit is nie myne nie, Antie. Dit was ’n prank van een van my vriende.

Toe ons lekker afgekoel het, het een van hulle ’n kondoom in my gatsak gesit. Ek het dit nie eens agtergekom nie.

Die volgende oggend toe ek nog gelê en slaap het, raas my vrou my wakker en skel my dat ek ’n hoerjagter is.

My vriende dink nou dis baie snaaks, maar elke aand as ek ná werk by die huis kom, loop ek ’n yskoue huis binne. — Anoniem, WhatsApp

As hierdie sogenaamde vriende van jou gedog het hierdie is ’n snaakse prank, maak hulle hul laat.

Sulke goed kan jou huwelik behoorlik laat skipbreuk ly.

Antie sien beslis nie die funny daarin nie.

Wie ook al vir hierdie vieslike prank verantwoordelik was, sal saam met jou na jou vrou moet gaan en explain.

Hopelik kan jou vrou convince word van jou onskuld, want die Vader weet, winter is reeds koud en om dan nog met ’n yskoue vrou ook te moet deal ...

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees