Unfaithful man rule my en my 2 kinders 24/7

akkreditasie

Liewe Antie Mona

DIE lewe was nou eenmaal nie ’n fairytale vir my nie.

Ek is nou 48 jaar oud en in my tweede huwelik.

Antie, my eerste man het hom letterlik dood gedrink.

Hy het byna nooit gewerk nie en het van vroeg soggens tot laat saans gedrink. Elke liewe dag wat die Here ons gegee het.

En as hy so dronk was, moes ek hoor hoe ’n beter mens as ek sy eerste vrou was en dat ek nie eens haar ou skoene werd is nie.

Daar was nie ’n dag in ons 10 jaar van getroude lewe wat ek kan onthou dat hy nugter was nie, Antie.

Ongelukkig was dit nie net ek wat onder sy skerp tong deurgeloop het nie, maar ook ons twee kinders.

Hy het ons nie fisiek aangerand of geslaan nie, maar soos Antie weet, slaan woorde baie male seerder as vuiste.

Skuld

Ek is nie skaam om te sê dat ek en die kinders verlig was toe hy die dag gesterf het nie.

Daar was oor die jare opflikkerings oor die goeie eienskappe binne hom, maar al sy slegte eienskappe het alles oorskadu.

Verder het hy ons agtergelaat met die wêreld se skuld. So, net die gedagte aan hom het altyd maar ’n bitter smaak in die mond gelos.

Ná sy dood het ek my voorgeneem om nooit weer by enige man betrokke te raak nie.

Maar soos hulle sê, moet jy nooit “nooit” sê nie.

Hubby nommer 2 het ek, snaaks genoeg, in die kerk ontmoet. Hy was nuut by die gemeente waar ek kerk loop en ons het sommer dadelik gekliek.

Hy was ’n man op sy plek, baie ordentlik en geskei.

Hy het my die eerste keer vir koffie genooi en ek het sy geselskap heel aangenaam gevind.

Ons het dinge stadig gevat, want ek wou nie weer my vingers verbrand nie.

Ek was eerlik met hom oor die hel wat ek onder my oorlede man moes deurmaak en hy het met my gedeel hoe sy vrou hom verneuk het.

Ek het hom later aan die kinders voorgestel en tot my verbasing was hulle nie juis beïndruk met hom nie. Antie weet mos maar hoe kinders in so ’n situasie kan wees en ek het dit gevat as iets waaraan hulle eers gewoond moet raak.

Maar nadat ons ’n jaar later getrou het, het ek besef hoekom die kinders nie vattigheid aan hom kry nie. Antie, die man is ’n disciplinarian soos min en as die kinders nie na sy pype dans nie, is die gort gaar.

Ek moet baie male in die middel spring om te keer, dan word daar vir my vertel ek is sy vrou wat na hom moet luister.

Hierdie voel baie dae vir my of die hel van ’n huwelik waarin ek vroeër was, nou na ’n onaangenamer level gevat is.

Die kinders is sielsongelukkig. Hulle was nie eens so unhappy toe hulle oorlede pa in die rondte was nie. Hierdie man van my verdwyn ook sommer ’n naweek op ’n slag. Glo om in solitary iewers te gaan bid, maar niemand in die kerk dra kennis daarvan nie.

Ek het eendag toe ek sy broeke in die wasmasjien gooi, afgekom op hotelstrokies.

Toe ek hom daaroor uitvra, het hy amper my kop afgebyt en gesê hy hoef niks aan my te verduidelik nie.

Ek het intussen ook gehoor dat die rede hoekom hy en sy vrou geskei het, nie was oor sy gecheat het nie, maar hý.

En met die hotelstrokies en die manier hoe hy met ons is, maak alles sin.

Ek kan nie glo ek het in dié strik getrap nie. Ek weet nie of ek ’n einde aan die huwelik moet maak nie, want dan beteken dit mos ek is ’n failure as dit my huwelike kom. Anoniem, Whats­App

’n Verbrokkelde huwelik is glad nie ’n bewys dat jy nie marriage material is nie. Glad nie.

Die bewys daarin lê in huwelik nommer 1, wat niks anders as 10 jaar van abuse was nie.

Die bewys daarin lê in die feit dat huwelik nommer 2 wankel weens hubby nommer 2 se dwalende oog en die feit dat hy hom verbeel hy is ’n general in die army.

Fairytales gebeur net in die movies, maar dit beteken nie dat ons nie ’n lewe kan lei waar ons gelukkig is, liefgehê word, waardeer word en nie iemand se vloerlap hoef te wees nie.

Jy en jou kinders verdien geluk en as Major Dad dit nie kan provide nie, is dit niemand se business as jy nie langer in hierdie streng huwelik wil wees nie.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees