Tweede kans laat my net voel ek word gebruik

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is in 2017 uitmekaar oor sy haar familie bo my gekies het.

Ons is nou weer bymekaar oor die kinders.

Maar ek voel sy gebruik my net vir die kinders se onthalwe.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek is lief vir my kinders en die seks is 100%.

Dis net die issue bly altyd geld en, terloops, sy werk nie op die oomblik nie.

Maar ek is grootgemaak jy’s die broodwenner in die huis; so, jy sal voorsien. — Anoniem, WhatsApp

Jy moet tog eendag vir Antie wys hoe ’n “broodwenner” lyk. Ek sal baie graag só iets wil ervaar.

Maar Antie weet wat jy try om te sê: broodwinner.

Kyk, niks is dieselfde as dit eers gebreek is nie. Die lewe werk nou maar eenmaal so.

Daar word gepoog om hard te werk, maar woorde is oor die jare gesê. Woorde wat dalk vergewe is, maar via die ore in die mind se hard drive gestoor is.

Baie male is die lewe mos maar ’n spieël waar jy die gebreekte stukkies weer aan mekaar kan superglue, maar die glue-strepe sal altyd daar lê as ’n reminder van wat gesê is, en selfs wat nie gesê is nie.

Waak daarteen om nie te kla terwyl jy met ’n witbrood onder die arm staan nie.

Julle is weer saam. Dinge kan dalk nie meer soos voorheen wees nie, maar julle is weer saam.

Antie vind dit vreemd dat jy net noem van jou liefde vir julle kinders, maar nie jou vrou met daardie selfde warmte mention nie. Net dat jy die seks met haar geniet, wat nie noodwendig neerkom op liefde nie.

Soos wat jy nou al moes agtergekom het, is kinders nie altyd genoeg motivering vir ’n couple om bymekaar te bly nie.

Daar moet ’n spark tussen julle wees. Nie die spark waarvan romcom’s ons wil wysmaak nie, maar een wat deur die jare oor en oor die donkerste Eskom-nagte sal verdryf.

En as daai spark nie daar is nie, dan gáán daar probleme wees en dan gáán daar elke keer ’n stemmetjie in jou ore fluister dat dit slegs all about the money is.

Hierdie stemmetjie kan slegs stilgemaak word as jy en jou vrou ’n slag eerlik met mekaar is en al hierdie kwellinge tot die been toe oopvlek, bespreek, dissekteer en dan begrawe.

Vir julle om volkome aan te beweeg, gaan dit beteken dat julle die ou koeie in die sloot nie net moet agterlaat nie, maar heeltemal met sand, klip en concrete moet toegooi.


Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees