Sy soek moola na net twee dae

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK HET ’n vrou ontmoet en ons het aan die begin lekker gechat.

Maar as ek in die aand sê ek is ’n bietjie besig en kan nie nou met haar chat nie, dan is sy kwaad.

Sy wil ook niks met my te doen hê omdat ek nie vir haar kraggeld wil stuur nie. Sy raak ook kwaad as ek nie geld vir WhatsApp-data aan haar stuur nie.

Ek weet ons almal sukkel maar ’n bietjie, maar dink Antie nie dis te gou om sommer ná net twee dae geld by mense te soek nie?

Antie, ek wil nie hê die mense moet dink ek wil haar omkoop vir seks nie.

Sy is nou al twee dae kwaad vir my. – Anoniem, WhatsApp

Nou laat sy dan maar kwaad bly – en sommer weg ook bly.

Sien, hierdie vrou is van daai mense wat ander uitbuit vir ’n living. Hierdie is haar werk dié.

Jy is in alle waarskynlikheid een van baie mans wat sy spuls met haar mond praat en hulle dan so ver kry om goed vir haar te doen.

Vandag kraggeld, môre geld vir data, oormôre word jy gevra om rekeninge van haar te betaal…

Nee wat, die lewe is reeds duur genoeg om nou nog met skaamtelose uitvreters ook te moet deal.

Petrol raak dan nou ’n luxury en dan wil Antie nie eens praat van die prys van kookolie en ander kosprodukte nie.

Hierdie vrou is daarop uit om jou net uit te vriet. Jy mag dalk op ’n romantic way aan haar dink, maar sy sien jou net as deel van ’n netwerk van cash registers wat haar en haar behoeftes aan die lewe moet hou.

As jy gaan aanhou agter haar aan hardloop vir aandag, gaan jy op die lang termyn groot verloor.

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n meisie wat net ge-entertain wil word.

Ons albei werk, maar ek verdien nie ’n groot salaris nie.

Nou sy is van daai soort wat wil opdress en dan moet ons na fancy plekke toe gaan.

Dan is dit ’n fotovattery vir social media sodat sy by haar familie kan brag.

Ons gaan nou al amper ’n jaar lank uit en my finances kan dit nie meer hou nie.

Die duur eetplekke en naweke wat ons gaan spend by gastehuise vreet nou my wallet pap.

As ek sê dat ek nie die volgende maand iewers heen kan gaan nie, dan ruk sy haar op.

En Antie weet mos as die wange opblaas, dan klap die bene toe. Sy sal sommer vir ’n week nie praat met my nie.

Haar familie is mense met geld, maar ek het haar van die begin af gesê ek is nie by dit nie en dat ek nog werk aan my future.

Ek is baie lief vir haar, Antie, en wil haar nie verloor nie.

Maar aan die ander kant kan ek nie elke keer na loan sharks hardloop as sy op ’n expensive weekend iewers heen wil gaan nie. – Moedeloos, WhatsApp

’n Lewe waar jy ander mense wil impress, is ’n duur lewe.

Om above your means te leef en daaroor te brag omdat jy ander wil beïndruk, is vir Antie een van die grootste vorme van onnooslikgeit.

Ons lewe vandag in ’n era van bling en brag waar hierdie klug veral op sosiale media platforms voorkom.

Maar wat baie jou nie sal vertel nie, is dat die gras aan die ander kant van die social media-draad nie altyd so groen is nie. Baie lieg-brag. Baie kan nie dit wat hulle op hierdie platforms portray, volhou nie.

Baie moet rooi jam en brood in die stilte eet om hul mae te vul.

Hulle straf hulself so in die naam van brag met die klere, karre en huise wat hulle wil hê ander moet hulle oor beny.

As hierdie meisie nie kan besef dat geld wat jy anyway nie saam graf toe kan vat, nie die ultimate rede in die lewe is nie, gáán daar nog baie issues vorentoe op julle wag.

Jy het nou al self gesien dis ’n leefstyl waarmee jy nie kan byhou nie. So, as sy daai game wil speel, sal sy dit met haar eie geld moet doen.

Dan moet jy jouself ook afvra: Wil jy eendag met iemand trou wie se make-up, hare, eyebrows en stylvolle outfits alles on fleek is, maar die koskaste is leeg?

Hierdie is ’n saak van wakker pies eet.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees