Sy moet panty aftrek om te wys sy jol nié

akkreditasie

Liewe Antie Mona

SO ’N jaar gelede het ek begin chat met ’n man wat baie ordentlik voorgekom het.

Ek was nog getroud en het deur ’n baie moeilike tyd met my man gegaan.

My man was nog altyd ’n jaloerse mens, maar het deur die jare net erger geraak.

Antie, daar was geen plesier meer in dié huwelik nie. Hy het my al ’n paar keer rondgeruk, maar nooit fisiek geslaan nie. Maar net die feit dat hy hardhandig met my was, was al klaar erg genoeg.

Die ou met wie ek gechat het, was ’n klant by die besigheid waar ek werk.

Ek weet nie wat my toe besiel het nie, maar toe hy my nommer vra, het ek dit vir hom gegee.

Redes

Hy het geweet dat ek getroud is en wie my man is, hoewel hulle nooit op ’n vriendskaplike voet was nie.

Ek het hom ook maar geken van sien en het geweet dat hy geskei is. Wat die redes was, het ek nie geweet nie.

Ons het begin chat en toe ons mekaar beter begin ken het, het ek in hom confide en hom vertel van my probleme met my man.

Hy was altyd die ene ore, bereid en geduldig om te luister en het my nooit in die rede geval nie.

Hy sou dan daarna sommer by my werk opdaag en sê hy vat my uit vir koffie.

Seker na so ses maande het hy my een middag weer vir koffie gevat en gesê dat hy ernstig met my wil praat.

Hy sê toe dat hy gevoelens vir my ontwikkel het en dat hy dink ek en hy het ’n toekoms saam.

Antie, ek moet erken dat sy bekentenis nie juis nuus vir my was nie, want ek het hom ook begin like.

Ek het al begin uitsien na die tye wat hy my vir koffie kom haal het.

Hy het toe gesê dat die bal in my hande is, maar dat ek moet weet hy gaan nie in iemand anders se huwelik mors nie. Sy woorde het my baie beïndruk, want deesdae hoor ’n mens mos alte veel van mans wat die kat in die donker wil knyp en eintlik net uit is op een ding.

Ons het mekaar toe meer begin sien, sommer na werk ook. Ek het vir my man begin lieg van laat werk en kursusse wat ek in die stad moes gaan bywoon.

Dan sou hy sommer vir ons ’n plekkie by ’n guesthouse kry en sou ons die hele dag daar spandeer.

Hy het my op die hande gedra, soos ’n queen laat voel en my weer in myself laat glo. My man het nie eens meer komplimente oorgehad vir my nie en Antie kan imagine hoe lekker dit is om te hoor en te weet dat ’n ander man nog dink jy is begeerlik.

Nie lank daarna nie het ek my man gesê ek wil skei. Ons egskeiding is nog aan die gang.

Hy was baie verbaas, maar toe hy hoor ek het reeds iemand anders, was hy omtrent kwaad en het my basies weggejaag.

Ek het toe by my nuwe liefde ingetrek. Maar ek het skaars my kant van die bed warm begin slaap, toe besef ek dié man is ’n veel jaloerser monster as wat my man kon wees.

Antie, as ek soggens klaarmaak vir werk, dan moet ek hoor ek kan nie daai rok of toppie of broek aantrek nie, want dit gaan my soos ’n hoer laat lyk.

Hy is net tevrede as ek soos Jehovah Witness-susters aangetrek is. Werk ek laat, moet ek verslag doen oor waar ek was. Hy het al selfs my manager gebel om seker te maak dat dit wel so is. Maar seker die ergste van alles, is dat ek al my panty moes aftrek sodat hy kon ruik dat ek nie met ’n ander man was nie. Ek het so vernederd hieroor gevoel. Nie eens die sleg man van wie ek tans skei, het dit al ooit aan my gedoen nie.

Onlangs het ek toevalling sy eksvrou raakgeloop by ’n event.

Sy moes by iemand gehoor het ek en die man is saam, want sy het haar kom voorstel en toe aan my gesê ek moet baie mooi dink voordat ek met hierdie man trou.

Haar woorde aan my was dat hy ’n man is wat my keel met ’n smile op sy gesig sal afsny.

Ek glo haar, maar wonder wat my nou te doen staan. Ek is dan nog nie eens geskei nie, maar al weer in ’n mislukte verhouding met ’n jaloersbokkie. Anoniem, WhatsApp

Laat jou egskeiding afgehandel word, want jy sal sekerlik nie na net nog ’n ander level van abuse wil teruggaan nie.

Dan, baie belangrik, moet jy so gou moontlik van dié man af wegkom. Daar skuil waarheid in sy eksvrou se woorde. Waarheid wat jy asseblief nie moet ignoreer nie.

Hierdie is nie doodgewone jaloesie nie. Dit is ’n dodelike obsessie-siekte wat noodlottige gevolge vir jou kan inhou.

Moenie rondhang in die hoop dat dinge gaan verander nie, want dit gaan nie. Maak dat jy soos in nóú daar wegkom!

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees