Spulse buurvrou lê by almal se mans aan

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK HET ’n probleem met my buurvrou wat anderkant spuls agter my man aan is.

En wat my seker ook die kwaadste van als maak Antie, is dat my man nie kan sien wat ek sien nie.

Dié buurvrou het so ses, agt maande gelede hier langs ons ingetrek.

Toe ek aan die begin vir niggie met haar kort rokkie en hoë stiletto’s sien, het ek geweet hier kom probleme.

Met die vroue van die straat is sy nors en kortaf, maar laat daar nou net ’n man verbyloop, dan is sy vol smiles.

Uitstoot

Sy knoop ook net met die mans aan geselsies. Myne hou sy aan die gesels as hy byvoorbeeld die vullisdrom uitstoot, of hy word sommer gevra om gou iets by haar huis te kom fix.

Sy het drie kinders en ek verstaan al die kinders het verskillende pa’s.

Nou, Antie, my man is soos iemand wat simpel is as dit by vroue kom.

Hy kan ook nie nee sê vir ander mense nie en as hy iets by haar huis gaan regmaak, kry hy net ’n dankie en ’n gefladder van daai fake eye-lashes.

Ek het my man gesê hy moet versigtig wees vir hierdie vroumens, maar hy sê ek is onnodig en sien goed wat nie so is nie.

Nou, Antie, ek rook of drink nie en ek glo ek het nog al my varkies op hok. Dit is nie my verbeelding nie.

Ek het met twee ander vroue in ons straat gepraat en hulle voel dieselfde.

Die een se man word permy gewhatsapp deur niggie met die kort rokkies.

Niggie met die kort rokkies het al so ver gegaan om haar man vir drankies te nooi.

Ons oorweeg dit nou om ’n gesprek met hierdie vrou te gaan hê.

Ons kan mos nie agteroor sit en kyk hoe ons manne ingekatrol word nie.

Wat dink Antie? Gaan dit te extreme wees om niggie mooi te laat verstaan dat ons haar watch en nie die dinge waarmee sy besig is, gaan duld nie? — Gatvol Huisvrou, Whats­App

Kyk, ’n friendly warning het niemand nog ooit skade aangedoen nie.

Die duiwel kom in verskillende vorme. Dit sal Antie nie verbaas as die duiwel ook maar ’n fetish vir stiletto’s het nie — om te wil uitstaan en raakgesien te wil word.

Vir my klink dit soos daardie vroue wat dink die fladdering van wimpers en aanloklike smiles maak alle deure in die lewe oop.

Baie mans sal dit nie hardop erken nie, maar sulke vriendelikheid en waardering van ’n ander vrou — veral as dit nog ’n mooi ene daarby ook is — is Vicks vir hulle gemoed.

En, ja, hulle sal sê dat dit glad nie so is nie en dat jy jou verbeel, maar kaantie praat hulle seker ook maar onder mekaar en vertel hoe vriendelik en lekker die nuwe buurvrou is.

Daai is jou man, daai. Die wêreld is woes hier buite en dis glad nie nodig om versoekings in jou lewe te invite wat jy anyway al by die voorhekkie in sy of haar spore kan stuit nie.

“Niggie” gaan natuurlik nie van julle friendly chat hou nie, maar sy sal die boodskap kry.

En hopelik die les ter harte neem dat flirt haar nie al julle straat se mans uit haar hand sal laat eet nie.

Liewe Antie Mona

EK RAAK baie hartseer as ek lees hoe dwelmverslaafdes hulle families so terroriseer.

Antie, daar is min dinge in die lewe wat ’n mens so magteloos kan laat voel soos ’n druggie wat hom of haar oor die afgrond drug.

En elke keer is dit die familie, diegene wat lief vir hom of haar is, wat die swaarste getref word.

Mense wat aan dwelms verslaaf is, besef nie deur watter hel hulle geliefdes sit nie. Baie worry eenvoudig nie hieroor nie.

Solank hulle dwelms kan gebruik, pla niks anders hulle nie.

Dit is veral beter vir hulle om familie te besteel, want familie is geneig om nie ’n saak te maak nie.

Maar dan gaan try hulle hul luck op ander plekke en beland dan óf in die tronk óf in ’n graf.

Ek likes dit altyd as Antie familie remind aan tough love, want hoe hard dit ook al is, bly dit die beste raad om met ’n druggie te deal. Leser, WhatsApp

Antie stem volkome met elke liewe woord van jou saam.

Die skade gaan nie net oor wat ’n dwelmverslaafde aan hom- of haarself aanrig nie, maar die chaos wat hulle in ander se lewe saai.

Tough love is iets wat baie swaar is vir baie om toe te pas, want jy moet jou hart hard maak in die hoop dat die persoon se oë sal oopgaan. Baie is egter (met verstaanbare reg) bang om dit te doen — just in case iets ernstig gebeur en hulle dan deur society ge-blame gaan word.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees