Spandabelrige vrou los my en ons kids net so

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK IS platgeslaan, Antie. Platgeslaan.

My vrou het my laas maand gelos.

Ons het probleme in ons huwelik gehad. Daar was baie stryery en ons het baie vasgesit, veral oor geld.

Ek werk my in my tjops in, maar sy werk nie lekker met my salaris nie.

Sy het twee jaar gelede haar werk weens Covid verloor. Dit was ’n groot slag vir ons, maar ons het besluit om die beste van ’n slegte saak te maak.

Toe dit ’n geval raak van een inkomste, toe begin ek dinge raaksien wat ek nie vroeër gesien het nie.

Die vrou weet nie hoe om met geld te werk nie, Antie. Sy koop alle onnodige goed soos duur perfume en skoene op skuld by mense.

Einde van die maand moet dié skuld eers betaal word, voordat ons nog kan dink om kos te koop en die kinders uit te sort.

Natuurlik het ek nie ’n probleem daarmee dat sy haar ook ’n bietjie wil bederf nie. Natuurlik mind ek nie dat sy my geld daarvoor gebruik nie, maar ons skuld en kos en die kinders behoort mos eerste te kom.

Of hoe? Is dit verkeerd van my om só te redeneer?

Anyway, ek het baie lank met haar hieroor gepraat. Ek was glad nie lelik nie en was heel ordentlik. Sy het net stil gesit en luister en daarna kamer toe gegaan.

Ek het toe gaan werk en toe ek die middag by die huis kom, is die kinders alleen daar.

Ek het gebel, maar sy het net die foon doodgedruk.

Later het sy my ’n WhatsApp gestuur en gesê sy is klaar met my. Sy sê sy is niemand se kind nie en gaan maar by haar ma-hulle bly.

Toe ek haar vra wat dan van die kinders, toe sê sy ek moet dit maar uitsort want ek wil mos kinders van almal maak.

Ek het nou iemand wat vir die kinders sorg en agter hulle kyk as ek in die werk is, maar die situasie is vreeslik ontstellend vir my.

Antie, ek het nog nooit my hand vir my vrou gelig of haar beledig nie. Ek het mos net gepraat oor ’n ding wat baie belangrik is.

Sy wil net niks verstaan nie, met haar ouers en al. ’n Mens sal sweer ek het op haar gecheat die way hoe hulle my by almal swak kan maak.

Dit is ook baie moeilik vir ons twee kinders wat net wil weet wanneer hul ma huis toe kom. – Moedeloos, Whats­App

Jou vrou blyk plein aspris en childish te wees. Hierdie is uiters moeilike tye waarin ons tans leef.

Die naaste wat ons aan Rusland kom, is die Russians wat ons likes om te eet, maar finansieel word ons ook tans geraak deur die oorlog tussen Rusland en die Oekraïene.

Verder is ons arme staatskas so leeg geplunder en al wankelend, om nie eens van die ewig stygende petrolprys te praat wat op sy beurt alle broodnodige noodsaaklikhede duurder as peper maak nie.

Só moet ’n mens maar deesdae die rieme dun sny. Enige advertensie van ’n Spur of Ocean Basket word die TV ook sommer afgesit, want ’n mens kan eenvoudig nie meer bekostig om na sulke plekke te gaan nie.

Met alles dié in mind, is dit dus belangrik om altyd seker te maak daar word eerste voorsorg vir die noodsaaklike goed gemaak.

Dinge soos dak-oor-jou-kop-tax (bond), huur, die maand se kos, kinders se benodigdhede, vervoergeld om by die werk uit te kom en you name it, is deesdae prioriteite. Om parfuum en skoene op skuld te koop, is ’n luxury wat slegs entertain kan word as daar ’n geldjie oorbly.

As vrou en ma behoort jou vrou hierdie dinge te verstaan, maar ek lees baie moedswilligheid in haar optrede. Om nie eens te praat hoe sy as ’n ma haar arme kinders net so kan los en na die gerief van haar ouerhuis kan hardloop nie.

Sy het kans gesien vir ’n huwelik, kinders en al die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.

Wanneer die weer ’n bietjie stormy raak, kan jy nie net jou tassies pak en terug na ma-hulle toe hardloop nie.

Julle sal iewers bymekaar moet kom, verkieslik weg van haar ouers en oor die pad vorentoe moet besin.

In hierdie lewe kan jy nie net lus kry vir jou responsibilities wanneer dit jou pas nie.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees