
Liewe Antie Mona
EK IS hierdie jaar in matriek en is baie geworry oor iets.
Antie, ek het in die vakansie met ’n ou geslaap wat hier in ons dorp gekuier het.
Hy het gesê hy hou nie van kondome gebruik nie, want skin-on-skin is baie beter.
Dom wat ek was, het ek hom allow om nie protection te gebruik nie.
Nou vermoed ek ek’s pregnant, want ek het nog nie my period gekry nie.
Antie, ek weet nie wat gaan ek maak nie.
My pa slaan my dood as ek swanger moet wees.
Ek het hierdie outjie van my vermoedens vertel en hy het my nou op WhatsApp geblok.
Sy laaste boodskap aan my was dat ek my kind se pa op ’n ander plek moet gaan soek.
Wat moet ek doen? –Bang, WhatsApp
Ai, meisa. Antie wil graag hê dat die kinders van vandag die dinge van die grootmenswêreld vir die grootmense moet los.
Sien jy nou wat skin-on-skin jou in die sak gebring het?
Jy sal jou vrese eenvoudig net agteruit moet skuif en jou ma van jou vermoedens moet vertel.
As ’n volwassene sal sy jou kan guide oor wat jou nou te doen staan.