Ou wil hê lonely geskeide vrou moet sy lus control

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK IS J en ek en my man was vir sewe jaar getroud.

Ons het twee kinders saam en was drie jaar separated nadat hy my en die kinders uit die huis gegooi het.

Hy is nou weer terug in my lewe, Antie, maar ek weet nie hoe om hom te vergewe vir dit wat hy aan ons gedoen het nie.

Ek dink elke keer daaraan dat hy dit weer aan my gaan doen.

Ek kan hom eenvoudig nie meer vertrou nie. Hoe maak ek, Antie? Het Antie dalk raad vir my? – Anoniem, WhatsApp

Liefie, niemand kan jou blame dat jy trust issues met hierdie man het nie.

Hy het jou en die kinders immers deur diep traumatising dinge gesit. Die mat van jul existence was onder jul voete uitgeruk toe hy julle uit die huis gesit het.

Dit mag hom drie jaar gevat het om sy fout te erken en jou te vra om hom nog ’n kans te gee, maar dit gaan baie langer vat voor jy hom weer vertrou.

Daar is immers geen waarborg in die lewe dat dit nie weer gaan gebeur nie.

Tog is die nie lekker om te leef soos iemand wat die heeltyd op die edge is nie.

Om elke oggend wakker te skrik en te wonder of vandag die dag is wat sy kop weer gaan uithaak, is ’n nagmerrie in helder daglig wat niemand hoef deur te maak nie.

En maklik is dit nie om jouself te probeer oortuig dat dit ’n “once-off” was wat nie weer sy nare kop sal uitsteek nie.

Selfs al reassure hy jou oor en oor dat dit nooit, ooit weer sal gebeur nie, sal jou mind moeilik oortuig kan word.

Jy was diep seergemaak, diep beledig, diep ontnugter...

Jou vertroue in hom is gebreek, maar die goeie nuus is dat dit met tyd so herstel kan word dat die angstigheid in jou iewat kan kwyn.

Antie sal voorstel dat julle vir couples therapy gaan.

Laat ’n deurwinterde, goeie berader julle weer guide na ’n plek waar jou vrese besweer kan word. Of jou vrese eendag heeltemal sal verdwyn, sal vir lank up to debate bly.

Maar jy need om ’n punt te bereik waar die spoke van die verlede jou nie meer so kriewelrig laat voel nie.

Liewe Antie Mona

EK SAL baie graag in kontak wil kom met daardie 52-jarige geskeide vrou wat aan Antie geskryf het.

’n Mens wil darem mos nie alleen deur die lewe jaag nie. ’n Mens wil darem mos ’n dame hê wat ’n mens se lus control.

Anders gaan ’n mens net masturbeer.

Iewers in die lewe moet daar darem ’n vrou wees om mee te kommunikeer en later mee te trou.

Iemand om mee kerk toe te gaan. Sy kan seker darem ook ’n kind of twee het, Antie.

Ek weet ’n vrou is ook nie ’n matras nie en ek sal haar liggaam waardeer.

As ’n mens se ma oorlede is, is ’n mens se hart swaar en is dit nie lekker om so alleen deur die lewe te gaan nie.

Ek kan ook baie goeie masseerwerk toedien.

Antie, ek sal dit waardeer as Antie my nommer vir daardie geskeide dame kan gee.

Dan nooi ons Antie na ons troue toe. – Anoniem, WhatsApp

Oe, jy is darem baie vinnig om die perde voor die trou-wa in te span. Antie kan ook maar net hoop jy was en sanitise daardie hande baie goed voor jy kerk toe gaan, of met jou uitstekende masseerwerk voortgaan.

Kom ons kyk maar of die geskeide vrou van haar sal laat hoor en dalk in ’n goeie masseerder belangstel.

Jou brief is een van hordes wat in Antie se WhatsApp-indoos beland het ná daardie vroutjie se brief.

Op baie van hulle het Antie glad nie re­spond nie oor ’n baie goeie rede: Etiket.

Antie gaan mos sommer in labour as mense nie weet hoe om met ander mense te praat nie, net te wil demand, en ordentlike spelling soos ’n stopstraat in Philippi ignoreer.

Daar is geen way op hierdie aarde hoe ek sulke mans aan hierdie vrou gaan blootstel nie.

Niemand hou daarvan om alleen deur die lewe te gaan nie.

Dit suig. Vir mense wat nie so iets al experience het nie, mag dit dalk moeilik wees om die hunkering en verlange na iemand spesiaals te verstaan.

Maar jy moet ook verstaan dat 110 WhatsApp’s na my darem ook nie die antwoord is nie.

As hierdie DM’e nie in jou en jou masseergawes belangstel nie, gaan dit nie die einde van die wêreld wees nie.

Kry iets anders om jou hande ook mee gesig te hou as net massaging en uhm.. hannelie goeters. Vat jou hande uit vir ’n walk en na plekke waar jy dalk die liefde van jou lewe mag raakloop.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees