My outjie se ma wil my (en baba) nie aanvaar

akkreditasie

Liewe Antie Mona

ELKE keer as ek die briewe lees waarin mense so oor hul partners kla, kan ek nie anders as om te wonder nie: Hoekom praat hierdie mense nie met hul partners nie?

Antie, ek sou dink dat dit vanselfsprekend is dat mense nie kan ruik as iets jou pla nie.

Hulle kan sien iets skort want jy is dikbek en loop met opgeswelde wange rond, maar niemand gaan jou soebat om te praat oor wat jou pla nie.

Mense is 10, 20 jaar getroud, maar weet steeds nie hoe om ’n issue met hul man/vrou aan te raak nie. Dit sê vir my dat kommunikasie heeltemal afgestomp is of glad nie bestaan in daardie huwelik/verhouding nie.

Ons het almal verwagtinge en baie male kan die ander party nie aan hierdie verwagtinge voldoen nie. Net soos wat ons ook kort skiet in baie van hul verwagtinge.

So iewers in die middel behoort paartjies tot konsensus te kom.

Kla bring niemand iets in die sak nie. Die gebrek aan goeie kommunikasie vermoë is baie kere olie op die vuur en eindig ’n gesprek in ’n stryery.

Baie van die couples stry dan so en dinge word gesê wat later nie teruggetrek kan word nie. Baie huwelike het al so gesneuwel. Ons lewe vandag in ’n wêreld waar die meeste dinge van korte duur is.

Meer en meer besef ’n mens dat die dag van môre vir nie een van ons gewaarborg is nie.

As ek nie gelukkig is oor iets wat my vrou gedoen of nié gedoen het nie, sal ek met haar daaroor praat. Dieselfde geld vir haar.

Dit is tyd dat mense praat oor dit wat hulle pla, as om sirkels rondom dit te wil hardloop. - Mr K, WhatsApp

Weet jy Mr K, Antie stem heelhartig saam met wat jy sê.

Kommunikasie bly die heel beste tool vir enige huwelik of verhouding. Deesdae praat mense mos nie face to face nie, maar wil in die openbaar op sosiale media platforms oor hul probleme praat.

Die grootmens-dinge van die lewe kan slegs opgelos word as daar soos grootmense om ’n tafel gesit en oor die probleme gepraat word.

Liewe Antie Mona

MY DUE date is oor 2 maande, maar my outjie wil my nie meer hê nie.

Hy het my verlede week ’n voice note gestuur waarin hy sê hy dink nie dis sy kind wat ek verwag nie.

According to hom, stem sy ma saam en dié ma het al eendag vir my in my gesig gesê ek moet my kind se pa loop soek.

My outjie het ’n goeie werk, nou sê sy familie ek is agter sy geld aan. Antie, ek voel baie sleg oor hul woorde want ek is nie ’n hoer wat met ’n klomp mans slaap nie.

Daar was niemand anders in die prentjie nie. Ek is in ’n relationship met hom en het net met hom geslaap.

Ek voel baie hartseer oor hoe hy nou uitdraai. Hy het my die maan en sterre beloof, mooi gesê dat hy na my en die kind gaan kyk. - Hartseer, WhatsApp

Daardie baby-daddy se ma moet vir haar lekker hou. Was sy by toe julle so binneboud gelê het?

Het sy kers vasgehou en weet presies van wat onder die lakens gebeur het. Dit is ’n groot klap in die gesig van enige vrou as ’n outjie met jou lê en die allerhande dingetjies van ’n onder-die-duvet sessie doen, en agterna wil sê hy is nie die pa van jou baby nie.

Dít sê vir Antie baie van die karakter van hierdie man én sy familie.

Om eerlik te wees, hierdie ma en die res van die family wil hulle alleen dik vreet van jou boyfriend se pay. Hulle skaam hul nie eens dat ’n arme, onskuldige kind hieronder gaan ly nie.

Maar moet jou nie deur hierdie mense se gewetenlose vraatsugtigheid laat onderkry nie.

As hy wil staan by sy stelling dat hy nie jou ongebore kind se pa is nie, sal ’n vaderskapstoets hom wel in die bek ruk.

Moenie hierdie mense toelaat om te kan dink dat hulle die vel van jou gesig kan ruk, en dan moet jy net tevrede hiermee wees nie.

Daar is stelsels in plek om met sulke slegte pa’s te deal. Maak van hierdie systems gebruik en maak seker dat hierdie man sy responsibilities nakom.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees