My mond hang oop oor jeug se sekskapades

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK STAAN deesdae sprakeloos oor die dinge wat die jongmense deesdae in ons gemeenskappe aanvang.

Antie, ek bly op ’n klein dorpie en hier weet almal van almal se business.

Dit gons nou hier oor ’n seks­video waarin ’n jong man en twee meisies die daad op ’n strand doen.

My mond het oopgehang toe ek die video sien, want ek ken die kinders. Hulle het almal voor my grootgeword.

Ek kan nie glo dat veral die meisies hul reputasie so onder die bus gooi nie.

En wat seker nog erger is, is dat hierdie meisies nou hier rondloop asof niks gebeur het nie. So asof die hele wêreld nie hul poenana’s gesien het nie.

Die ou loop brêkkerig rond asof hy ’n world cup gewen het.

Kaalstert

Ek het nie ’n probleem met goed wat mense aanvang nie. Hulle sekslewe is hulle eie besigheid. Maar dan moet dit nie in openbare plekke gedoen word of video’s gemaak word wat na almal toe aangestuur word nie.

As ’n ouer wat self kinders grootmaak, is dit hartseer om te dink hoe daardie ouers nie nou oor hulle kinders se manewales moet voel nie.

Niemand maak sy of haar kind groot sodat dié eendag kaalstert langs die beach kan doen nie. – Bekommerd, WhatsApp

Hierdie is ’n probleem wat veels te gereeld sy kop uitsteek.

Een waar ’n meisie so naïef genoeg is om oorreed te word om sulke kaalstert-mallighede aan te vang, wat dan soos ’n veldbrand versprei.

Die verspreiding van sulke video’s is in die eerste plek ’n criminal offence wat mense in die tronk kan laat beland. Maar jy is so reg as jy sê daardie video moes in die eerste plek nie gerecord gewees het nie.

Dit is tyd dat veral ons jong meisies meer wake-up raak.

As ’n outjie aan jou sê dat só ’n video net vir sy eie, private plesier en viewing is, moet hy baie beslis nie geglo word nie. Daai video-clip lek altyd op ’n “onverklaarbare” wyse uit waar iemand sy foon kamma-likes ge-hack het.

Die absolute waarheid is dat hy in die meeste gevalle die hacker van sy eie selfoon was.

Diegene involved kan dalk nou vere voel oor almal hul kaalste lyf aanskou, maar sulke dinge kom hap jou aan die stert as jy ouer is.

Dan lê jou kaalste kaalheid steeds die wêreld vol en die outjie met wie sy so graag voor die kansel wou staan, sien dan nie meer kans vir jou nie.

Jou kinders word eendag ook in die eyes gesit as die clip van hul ma jare later weer die rondte begin doen. Hoe verduidelik jy dan aan jou kinders wat jy in jou onverskillige jeug aangevang het?

Nog erger: Jy doen in the not so distant future aansoek vir ’n job en die mens wat jy moet convince om jou ’n job te gee, kan aan niks anders dink as aan jou daar op die seesand wat die allerwonderlikste dinge poedelnakend aangevang het nie.

Wat baie van hierdie jongelinge nie in gedagte hou nie, is die groot prentjie.

Vir eers dink hulle net skroef die mense en almal wat ’n eier te lê het oor hulle manewales, maar alles wat ons in die lewe doen, het consequences. Niemand van ons kan verby dit kom nie.

’n Ou wat claim dat hy jou liefhet, gaan nie sulke dinge van jou vra nie. ’n Ou wat claim dat hy jou liefhet, gaan jou nie vra om soos watse jintoe in ’n video te perform en dan gaan wys hy al sy vriende hoe hy jou al hierdie dinge laat doen het nie.

’n Ou wat claim hy het jou lief, behoort jou en jou liggaam te respekteer en te besef dat jy ook ’n reputasie behoort te hê wat in die toekoms deure vir jou oopmaak.

Ons bly nie oorsee waar ’n handvol mense famous geraak het met ’n seks-tape wat hulle anyway self laat uitlek het nie.

In ons leeftyd het die meeste van ons net één reputasie wat ons ons hele lewe lank moet dra.

As ouers behoort ons ons kinders te educate oor die gevolge wat sulke waansinnige dade vir hulle inhou.

Ouers kan die topic nie meer langer ignoreer nie, want kinders se future is hier op die spel.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
48% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees