My man maak kind buite huwelik; wil nou nie skei

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 38-jarige vrou en my man is 35 jaar oud.

Ons was aan die begin baie lief vir mekaar, maar dinge het deur die jare verander soos wat mense getry het om ons uitmekaar te kry.

Ons is een van die dae sewe jaar getroud en maak baie dinge deur. Ek is lief vir my man, maar wil regtig nie meer in die huwelik wees nie.

Antie, ons was op ’n tyd drie weke uitmekaar en nadat ons weer bymekaar uitgekom het, het hy toe eendag ’n phone call gekry.

Dit was van iemand wat hom meegedeel het dat hy kind gemaak het buite ons huwelik.

Van daai tyd af is my lewe nie meer dieselfde nie, Antie.

Verloor

Hy het die waarde wat ek aan hom geheg het weggevat.

Die liefde wat ek vir hom gehad het, raak elke dag minder. Selfs al het hy niks te doen met die kind wat hy gemaak het nie.

Verder hou sy ma ook nie van my nie. Ek het al vier kinders van hom verloor.

My man wil ook nie van my skei nie en ek was al twee keer by die skeihof. Ek vra hom elke dag wat hy nog by my soek, want ek is regtig nie meer lief vir hom soos wat ek eers was nie.

Sy ma bly ook by ons huwelik inmeng. Ek het eendag ’n profeet gaan sien wat vir my gesê het dat ek ge-curse is en dis hoekom al ons kinders sterf.

Ek kan sien dat hierdie mislukte swangerskappe aan my man vreet, Antie.

En die seunskind wat ons saam het, ly onder al die probleme. Wat moet ek maak, Antie? — Anoniem, WhatsApp

In die eerste plek sal Antie graag wil sien dat jy ’n dokter gaan raadpleeg, pleks van hierdie profeet.

Vanuit ’n mediese oogpunt kan medici met al die wonder­like technology tot hulle beskikking presies vasstel waarom dié swangerskappe altyd in hartseer eindig.

En hartseer is dit beslis, want niemand kan hulle in jou skoene plaas wat al vier babas op hierdie wyse verloor het nie.

So seer soos wat dit ook jou man gemaak het, het dit hom nogtans nie die licence gegee om buite julle huwelik te gaan mors nie.

Wat kommerwekkender is, is dat hy nou niks met hierdie kind te doen wil hê nie.

Vir Antie kom dit daarop neer dat hy dink dat as hy hierdie kind nie erken nie, dan het die egbreuk wat hy gepleeg het nooit plaasgevind nie.

Maar daai arme kind het nie gevra om hier te wees nie en gaan hoe ouer hy of sy raak, hunker om ’n verhouding met sy of haar biologiese pa te hê.

Hy kan eenvoudig nie ’n kind wil verwek en dit dan soos ’n weggooi-hond wil treat nie.

Sy infidelity en jou mislukte swangerskappe het natuurlik hulle tol van jou geëis.

Sy ontrou en die wrywing tussen jou en Skoonma is dinge wat swaar op jou weeg.

Dít is laste wat jy ligter kan maak deur te skei, as dit is wat jy wil hê.

Jy is sielsongelukkig in hierdie huwelik en net jy alleen kan besluit hoe lank jy hierdie unhappiness oor jou lewe gaan laat rule.

Liewe Antie Mona

EK EN R het ses maande uitgegaan, maar ek het sommer van dag 1 af gesien hy is ’n kansvatter.

Antie, die man is ’n liegbek soos niemand se business.

Daar was altyd die een of ander verskoning oor hoekom hy nie kon kom kuier nie: Sy kar is stukkend, hy moet die naweek werk, iemand het by sy plek ingebreek ...

En as hy wel kom kuier het, moes ek vir hom petrolgeld gee wanneer hy huis toe gegaan het.

As ons somewhere gaan uiteet het, moes ek basies die hele rekening betaal.

Hy is sexy en alles, maar glad nie so oulik nie. Nie eens in die bed nie waar ’n two minute noodle langer as hy uithou.

Ek het eventually hom onder sy gat geskop, maar hy loop en vertel nou nog liegstories oor my aan almal wat wil luister.

Dit maak my kwaad, want nie een van die goed wat hy vertel, is waar nie. — Gatvol, WhatsApp

Nee wat, liefie, moet jou glad nie opwerk oor Mr. Noodle en sy liegstories nie.

Mense soos hy is verskriklik transparent en mense kan deur hulle liegstories sien.

Dit is goed dat jy sommer gou van hom ontslae geraak het. As hy nog petrol was, sou mense van hom en sy cheap-geid gehou het.

Jy weet wat die waarheid is en as daar mense is wat hulle ’n pop wil laat maak met sy valse feetjieverhale, is hulle ook maar aan die dombkant.

Laster is egter ’n ander saak. Antie weet nie wat die aard is van die rumours wat hy so versprei nie, maar jy kan daai noodle-bekkie van hom altyd stilmaak met ’n interdik.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees