My lewe baie bitter in dié ‘perfekte huwelik’

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK IS baie, baie ongelukkig en op die punt om op te gee in my huwelik.

Vir byna 10 jaar lank trek my man my deur.

Nie met sy vuiste nie, maar die dinge wat hy my toesnou.

Hy laat dit duidelik verstaan dat hy nie met my wou trou nie, maar deur sy ouers geforseer was om dit te doen omdat ek swanger was.

Vir my word gesê ek is ’n hoer en dat hy ever sorry is dat die kondoom gebreek het. Daar word sommer in my gesig gesê hy dink buitendien nie ons seun is syne nie.

Vir 10 jaar lank is hierdie die sad, sad storie van my lewe. Vir mense aan die buitekant lyk dit of ek die perfekte huwelik het. Die mooi huis met die ryk man, die smart karre en die twee goedgemanierde kinders wat altyd so mooi aangetrek is.

Vir hulle aan die buitekant is my man die gentleman wat altyd smile, wat grappe maak, wat ’n suksesvolle besigheid bedryf en wat verskeie liefdadigheidsorganisasies ondersteun.

My kinders is nog jonk. Dis nog ’n paar jaar voor hulle hoërskool toe gaan. Ek wil hulle nie met my probleme opsaal nie en suffer maar in stilte.

Albei my ouers is dood. Ek en my jonger sussie kom nie goed oor die weg nie en ek het nie eintlik vriende nie.

Daar is ’n paar kollegas met wie ek op redelike voet by die werk is, maar Antie weet mos hoe mense kan skinder. Ek kan nie waag om in een van hulle te confide nie, want dan is ek weer die skinder-nuus van die week.

So dis maar ’n stryd. Saans lê ek wakker en luister na die gesnork van die hartelose man langs my en wonder wat ek verdien het om met só ’n lewe gestraf te word.

Die lewe is bitter, Antie. Baie bitter. - Hartseer Vrou, WhatsApp

Liefie, my hart breek vir jou onthalwe.

Dit is glad nie lekker om jouself so in ’n leuen van ’n huwelik te bevind nie.

Jy moet smile en pretend dat dit elke dag somer in jou lewe is, maar agter geslote deure breek jou hart in stukke oor die wyse waarop hierdie man jou afbreek.

Daar is geen liefde van sy kant af nie. Dít is so duidelik soos daglig. Die liefde is nie geniepsig en breek nie af nie. Die liefde pretend nie.

Ons bly al lankal nie meer in ’n samelewing waar jy in ’n huwelik gedwing word nie.

Niemand het dus ’n gun teen sy kop gehou om met jou af te haak nie.

Almal word nou deur hom geblameer. Selfs ’n gebreekte kondoom, maar as hy mans genoeg was, kon hy geweier het om te trou, maar nog steeds sy vaderlike pligte nagekom het. En as hy so unhappy was om met jou te trou, hoekom dan nog ’n kind agterna verwek?

Volgens my het hy dus nie ’n voet om op te kla nie. Hierdie is daai klassieke geval waar hy kla met ’n witbrood onder die arm.

Met dit gesê, is dit belangrik om te onthou dat jy nie hierdie hel van ’n huwelik hoef te verduur nie.

In baie gevalle word daar gedink aan die kinders, maar wat baie male vergeet word, is dat die kinders nie soos die res van die buitewêreld geflous kan word nie.

Hulle weet dinge is nie lekker tussen jy en jou man nie. Hulle bly dan onder een dak met julle en moes al by tye voorvalle gesien het waar jou man jou moet absolute disrespect behandel.

Jy is nie hierdie man se ou, klaar gebruikte vadoek wat hy mee kan doen wat hy wil nie.

Dit is nie nodig dat jy vir die res van jou lewe in ’n huwelik moet bly waar hierdie man jou dalk nie met sy vuiste bykom nie, maar flenters slaan met sy nasty woorde.

Jy verdien meer, meer as wat jy tans kry.

Die tyd het aangebreek dat jy besin en dink oor die toekoms en veral jou happiness.

Jou kinders sal fine wees as jy nie langer in hierdie huwelik wil bly nie.

Daar is baie kinders daar buite wat deesdae cope en goed aangepas het in circumstances waar mommy en daddy nie meer onder een dak bly nie.

As jy hierdie issue met jou kinders gaan bespreek, gaan jy besef hulle is ook moeg daarvan om te sien hoe hul mammie stief behandel word.

Niemand, maar niemand kan jou blame en van jou verwag om elke aand van jou lewe wakker te lê en te wonder hoekom jy so moet suffer.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees