My joller-vroutjie neuk steeds aan ná 2de kans

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou was vir lank uitmekaar, maar ek het besluit om ons huwelik nog ’n kans te gee ter wille van die kinders.

Ons het gesplit nadat sy my verneuk het, Antie. Maar noudat ons weer probeer, gaan sy dan steeds voort met haar dinge.

Sy sien die joller van haar steeds agter my rug en lieg daaroor.

Hulle lê tot watter tyd van die nag en chat op WhatsApp, dan lieg sy en sê sy chat met een van haar tjommies.

Maar ek het van haar messages gesien waarin hulle planne maak om mekaar weer te sien.

Hy is ’n voorman by die plek waar sy werk en is ook getroud.

Ek en hy was al in ’n fight oor hierdie dinge van hulle.

Ek het ook al met sy vrou gaan praat, maar sy het net aan my gesê dat sy haar man oorgee in die hande van die Here.

Maar ek kan nie dinge net so aanvaar nie, Antie.

Dis mos nie reg nie. Wat is dan nou die punt daaraan om getroud te wees met iemand wat haar vows so vir ’n gat vat?

Die kinders weet van hul ma se dinge en is glad nie gelukkig hieroor nie.

Sy belowe elke keer as ek haar uitvang dat sy gaan stop waarmee sy besig is, maar dit gebeur nooit.

Ek weet nie eens meer of ek lief is vir hierdie vroumens nie, want wat sy doen, is glad nie reg nie. Anoniem, WhatsApp

Daar is geen, maar géén begeerte van jou vrou se kant af om jul huwelik te laat werk nie.

Daar is geen, maar géén waardering van haar kant af vir die tweede kans wat jy haar gegee het nie.

Hierdie vrou is net daarop uit om haar eie jol-ding te doen en voel vere oor hoe jy of die kinders daaroor voel.

Jy sê jy’t besluit om ter wille van die kids jul huwelik nog ’n kans te gee, maar eintlik is jy net besig om jul misery te verleng.

Sy is happy met haar jollery, julle is unhappy daarmee.

En unhappy sal julle bly totdat jy iets daadwerkliks aan die saak doen.

Die besluit is aan die einde van die dag joune, maar niemand gaan jou blame, veral nie die kinders nie, as jy hierdie vrou finaal in haar tjops stuur en ’n einde aan hierdie huwelik maak.

Liewe Antie Mona

EK SOEK hulp met my manager wat ons monkeys en slaves by die werk noem.

Toe ek hom hieroor aanspreek, het hy gemaak dat ek my werk verloor.

Hy het my ook met sy gun gedreig.

Toe ek my saak met die ander bestuurders deel, toe voel hulle ek moet dismiss word.

Ek wil net weet wat my nou te doen staan, Antie. – Anoniem van S, WhatsApp

Hierdie tipe behaviour is ontoelaatbaar, teen die wet, onaanvaarbaar en ’n klad op die naam vir almal wat hul lewens opgeoffer het vir ’n demokratiese, nie-rassige samelewing.

Daar is so baie wrongs in hierdie situasie dat Antie amper nie eens weet waar om te begin nie.

Op die oog af klink dit asof jy omtrent sleg behandel is.

Antie hoop dat daar nog nie 30 dae verstrek het sedert jou dismissal nie sodat jy ’n saak van unfair dismissal by die CCMA kan gaan lê.

As jy dit nog nie gedoen het nie, sal jy asseblief moet wikkel, want na 30 dae ná jou afdanking gaan die CCMA ook maar net hul hand aan hul blaas slaan en sê hul hande is afgekap. Dit is uiters, uiters belangrik dat jy die CCMA so gou as moontlik kontak.

Dan moet jy, as jy dit nog nie gedoen het nie, ’n klag teen hierdie manager gaan lê omdat hy ’n vuurwapen op jou gerig het.

Jou regte is gruwelik geskend deur hierdie man en jou werkgewer, wat veronderstel was om jou in hierdie verband by te staan en te ondersteun.

As ek jy is, kontak ek sommer die Menseregtekommissie ook.

Alles hang natuurlik af van hoe sterk jou saak is, en of alles is soos wat jy hier in jou WhatsApp sê. Antie sê nie dit is in jou geval so nie, maar mense kan soms suinig met die waarheid en ware verloop van gebeure wees.

As jy egter onregverdiglik afgedank is, moet jy fight vir geregtigheid.

Niemand kan in vandag se tyd anyway bekostig om sonder werk te sit nie. Jy kan nie slaap en hierdie mense allow om hiermee weg te kom nie!

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees