My girl wil steeds ons verhouding wegsteek

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK EN M gaan al 3 maande lank uit, maar sy wil nie ons verhouding public maak nie.

Sy sê sy wil nie hê dinge moet awkward by ons werk wees nie, want ons is kollegas ook.

Maar haar eks het ook saam ons gewerk en toe het sy nie ’n probleem gehad dat almal weet hulle is ’n item nie.

Ek weet nie wat haar rede kan wees nie. Hulle is nie meer saam nie. Hy het gecheat op haar met ’n ander meisie wat ook saam ons werk.

Baie mense sal nie glo dat ons ’n couple is nie, want ek is nie soos die ander ouens wat sy al gedate het nie.

Antie, ek is beslis nie God’s gift to women nie en is baie bewus dat ek nie van die eerstes in die looks departement was nie.

Ek was nog altyd surprised dat ’n girl soos M ja gesê het vir my, maar nou het ek my doubts.

Ons ontmoet die meeste van die tyd by my plek. Ek weet sy het ’n dogtertjie, maar ek het nog nie eens haar kind of haar family ontmoet nie.

As ek haar hieroor uitvra, bly sy net sê die tyd is nie reg hiervoor nie en dat ek geduldig moet wees.

Nou ek weet 3 maande is nie ’n lang tyd nie, maar wanneer is daar ’n regte tyd?

Ons gaan maar min uit. Ek kan haar nie eens uitvat vir dinner nie, want sy is bang een van ons kollegas sien ons iewers.

Daar is dae wat ek wonder of hierdie ’n verhouding is, of ’n secret mission.

Ek raak elke dag meer en meer lief vir hierdie girl en het haar ook al so gesê. Dan lag sy net en sê niemand weet wat die toekoms inhou nie.

Dink Antie ek is besig om my tyd te mors met haar? – DK van R, Whats­App

Dit gaan niks baat ons speculate oor iets wat net sy kan beantwoord nie.

Maar Antie reken ons kan speculate, sonder om spek te skiet.

Daar is diegene wat sal sê dat as sy niks het om weg te steek nie, sy nie sal mind dat ander van jul verhouding weet nie. Aan die anderkant kon sy met haar vorige verhouding met ’n kollega besef het dat werkskollegas veels te veel keer hul neuse in ander se besighede kan steek.

Dit mag ook geld vir haar dogter wat sy dalk nie aan iemand wil voorstel as sy nie seker is daar is ’n langpad om te stap vir jul tweetjies saam nie.

En jy kan haar nie kwalik neem nie. Antie mean maar, daar is ’n groot verskil tussen 3 maande en 3 jaar.

Sy voel met reg dat julle nog nie lank genoeg saam is om nou al te praat van die groot “L” nie. Antie dink nie eens julle is al op daai stadium waar julle gemaklik is om voor mekaar te poep nie. My raad aan jou sal wees om dieselfde as sy te doen en jou hart eers ver van die liefdesaak af te hou.

Kyk eers die kat goed uit die boom. Leer haar ken, al die nukke, grille en goeie punte van haar.

In 3 maande se tyd het jy nog anyway bitter min van haar leer ken. Wees rustig, vat jou tyd en maak absoluut doodseker dat hierdie ’n meisie is wie jy die res van jou lewe mee sal wil spend.

En deur nie te veel pressure op haar te wil sit nie, sal sy mettertyd besef dat sy die magic wat tussen julle gevorm het, met die res van die wêreld wil share.

Liewe Antie Mona

ELKE keer as ek my dogter dissiplineer, dan hardloop sy na haar ma toe.

Maar ek is die een wat sy na toe hardloop as sy geld en nuwe klere soek. Ek en die ma is nie meer saam nie.

My dogter is nou 16 en ek wil baie graag hê dat sy die regte keuses in die lewe maak. Maar dit voel vir my of parenting elke dag net moeiliker raak. Moedelose Pa, WhatsApp

En makliker gaan dit beslis ook nie in die toekoms raak nie. Selfs al is sy ’n volwasse vrou, getroud met haar eie family, gaan jy nog steeds oor haar concerned wees. Dis maar nou eenmaal die joys van ouer wees.

Sy is op daai moeilike stadium waar sy so steeks soos ’n donkie vasskop teen authority. Ons almal is op een of ander stadium op ’n level van so ’n fase. Dit sal help as jy haar samewerking verlang, as om dit te vereis. Lees weer Antie se laaste sin.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees