My girl se suster maak ‘player’ in my wakker

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK EN DB is al vir meer as 2 jaar ’n couple.

In hierdie tyd het ons al baie dinge deurgemaak.

Een daarvan was dat dit baie moeilik vir haar ouers was om my te aanvaar.

Antie sien, in my jonger dae was ek bietjie van ’n player wat van die een rok na die ander gespring het.

Oor die jare was ek in baie verhoudings en het ook 3 kinders, met wie se ma’s ek nie meer saam is nie.

Ek het verstaan dat DB se ouers nie veel impressed is met my nie. Hoe dan ook as ek ‘los’ kinders het?

Anyway, dit het tyd gevat, maar hulle het finally gesien ek is ernstig oor hul dogter.

Die ander goed wat ons mee moes deal, kon ons uit die pad kry. Maar daar is iets wat die laaste paar maande ’n probleem begin word: haar suster.

Antie, my meisie se suster is jonger as sy, seker so 5 jaar.

Sy en haar berk is uitmekaar omdat dié nie wil ophou tik nie.

Ek moes ook al inspring om die sleg jong weg te jaag omdat hy haar regtig sleg getreat het.

Hulle het op ’n tyd saam gebly, maar sy het nou terug na haar ouerhuis getrek.

Ek en DB bly agter in hulle jaart in ’n baie oulike plekkie. Nou ek werk nie aldag nie en haar suster, KB, soek ook nog werk.

Die gevolg is dat sy baie agter na my toe kom deur die dag om daar te kom sit en TV kyk.

Ons het nog altyd lekker oor die weg gekom en kliek lekker in ’n conversation. So kom dit so ’n paar maande gelede wat sy my vra of ek ooit op haar suster sal cheat.

Natuurlik sê ek dat ek dit nooit sal doen nie.

Toe sak sy af dat sy sal as ek wil, en dat niemand daarvan hoef te weet nie.

Nou kyk, Antie, soos ek vroeër gesê het, was ek in my jonger dae ’n cheater.

Ek is nie meer daai ou nie.

Maar ek kon nie anders as om styf te raak toe sy die goed met my praat nie.

Baie dinge het toe sommer deur my kop gehardloop. Ek dink toe jinne, maar as ek haar ook in die geheim kan slat, sal dit mos lekker wees. Gelukkig het haar ma haar geroep, so die converstion het tot niks gelei nie.

Maar sy het toe sy uitloop gesê ek moenie vergeet dat sy ernstig is nie. Toe streel sy oor my meneer en stap uit.

Ek bly nou al vir weke uit haar pad, maar dis nie maklik nie.

DB vra nou ook al of ons kwaad vir mekaar is, want ons het dan altyd so jokes met mekaar gemaak, but ek weet nie hoe om hierdie dinge te explain nie.

Ek sien ’n future met DB en wil dinge nie meer opmors soos in ander verhoudings nie.

Maar ek kan haar suster nie uit my mind kry nie. En as niemand weet nie, sal niemand mos seerkry nie. Of hoe dink Antie? – Anoniem, WhatsApp

Daar is nie ’n geheim op hierdie aarde wat nie een of ander tyd op die lappe kom nie.

Wat in die donkerte gebeur, word mos maar altyd in die lig geopenbaar.

So, jy kan maar dink dat jy hiermee sal kan wegkom, maar complications sal daar beslis wees.

Een definitiewe moontlikheid, is dat hierdie suster feelings gaan ontwikkel en daarop gaan aandring om jou vir haarself te hê.

Sy en haar suster mag dalk eendag in ’n argument betrokke wees, en dan word die beans die hele pad vol gespill.

Dan sit jy sonder ’n girlfriend én blyplek.

Die groen gras aan die anderkant van die draad is altyd net ’n advertensie. Moenie daarvoor val nie.

Jy het self gesien hoe jou vorige verhoudings uitgedraai het weens jou rondloer-oog.

Moenie weer dieselfde fout begaan nie.

Hier het jy nou ’n meisie wat bereid was om jou ’n kans te gee ten spyte van jou jol-verlede.

’n Mens kry net soveel kanse in die lewe.

Hierdie suster het issues wat sy in haar lewe moet uitsort. Om haar suster se boyfriend af te vry, behoort nie een van haar missions te wees nie.

As sy haar weer so te sê voor jou kom neergooi, dan laat jy haar mooi verstaan jy is nie meer ’n player van enige jol-span nie.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees