My chubby vrou is nie curvy genoeg vir my

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK IS getroud en ek en my vrou het ’n dogter saam.

Ons was drie jaar getroud en is eintlik nog steeds getroud, maar ek het haar op laas jaar se Black Friday gevang met ’n ou jol.

Hulle werk ook saam. Ek wil gaan vir ’n divorce, maar sy laat my nie toe nie.

Sy bly by haar boyfriend en het al haar belongings kom haal.

Sy het ook nog altyd die ring wat ek vir haar gekoop het.

Elke keer as ek my dogter gaan haal, eindig dit waar ek en haar boyfriend baklei.

Antie, ek is moeg van al hierdie dinge en wil graag weet wat my te doen staan.

Watter verdere stappe kan ek neem? Ons is binne gemeenskap van goedere getroud.

Sy jol, maar sy wil my nie ’n divorce gee nie. Anoniem, Whats­App

Die meeste egskeidingsprosesse is redelik straightforward, maar dit kan finansiële en emosionele gevolge inhou.

Juis finansieel vir jou, omdat jou vrou traag is vir skei, ten spyte van die feit dat sy by iemand anders bly.

Antie weet nie juis hoekom nie, maar daar kan verskeie redes hiervoor wees, naamlik dat jy nog steeds ’n back-up plan vir haar is en natuurlik ’n baie groot ander rede: dat sy traag is om die helfte van haar pensioenfonds met jou te deel.

Nou is daar al hierdie drama en die een wat die meeste hieronder ly, is jul arme dogtertjie wat seker al taamlik getraumatiseer is deur al hierdie drama en bakleiery.

’n Mens kry egskeidings wat amicable is en waar daar gepoog word om die kinders so ver as moontlik te beskerm, ten spyte van al die seer.

Daar het nog niks amptelik op jul egskeidingsfront gebeur nie, maar dinge is reeds onsmaaklik en tot nadeel van jul kind.

Julle is groot. Dis dalk moeilik om te aanvaar, maar die volgende is die waarheid. Sy bly nou by ’n ander man. Sy het jou verneuk.

Dit bring jou niks in die sak om oor hierdie vrou te baklei nie, want daar is nog baie ander koekies in die koekie-jar.

Gaan sien ’n lawyer. Laat jou vervreemde vrou gedagvaar word vir ’n egskeiding.

As sy jou aansoek teenstaan, kan só ’n egskeiding jare neem, omdat julle natuurlik bates besit wat onder julle twee verdeel moet word.

Maar as sy nie op die summons reageer nie, kan die hof dit sien as ’n onbetwiste egskeiding wat sal verseker dat dinge nie vir te lank uitgerek word nie.

Jy sal jou ook tot die kinderhof moet wend om toegang tot jou kind te kry. Antie vermoed wanneer jou vervreemde vrou sien jy is ernstig om met die divorce deur te gaan, gaan die kind gebruik word om jou te spite.

Ongelukkig kan sommige grootmense baie spiteful raak en selfs kinders as ’n spite-tool inspan.

Jul verskille blyk onversoenbaar te wees. Veels te veel water loop tans deur die see en as julle by some miracle ooit weer by mekaar uitkom, gaan die dinge wat tans afspeel, altyd die bron en oorsprong van argumente wees.

Dus blyk dit in almal se beste belang te wees om ’n einde aan hierdie huwelik te maak en as grootmense dit op ’n beskaafde manier te doen in belang van jul kind.

Liewe Antie Mona

AS DAAR ’n swakpunt is wat ek het, is dit vir chubby vroue.

Oe, Antie, ek kan net nie genoeg van hulle kry nie.

My vrou is chubby, maar nie chubby genoeg na my sin nie.

Ek wil graag ander chubby vroue uitnooi vir ’n bietjie pret.

Ek kan baie diskreet wees, Antie. Hul mans hoef nooit te weet nie en ek is nie iemand vir uitpraat nie. Chubby Lover, WhatsApp

Hoor nogal vir diskreet. ’n Getroude man wil diskreet wees met ander vroue.

Nee, wag mister, soontoe met jou. Jy klink na een van daai soort wat eenvoudig net nooit tevrede sal wees nie.

Jou vrou sal nooit te maer of ooit te oorgewig na jou sin wees nie.

Die absolute waarheid is maar eintlik dat jy spuls is en spuls sal bly.

Nie eens ’n ring aan jou vinger blyk genoeg vir jou te wees nie. Wees ’n slag diskreet ordentlik.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees