Man vir my vies oor ons dogter (15) preggies is

akkreditasie

Liewe Antie Mona

DINGE is op die oomblik nie lekker in ons huis nie.

My man is kwaad vir my omdat ons 15-jarige dogter swanger is.

Antie, ek weet nie hoe hy vir mý kwaad kan wees nie, want dis mos nie asof ek ons kind aangemoedig het om unprotected seks te gaan het nie. Ek was dan net so geskok toe ons dogter my finally hiervan gesê het.

Nou voel ek my man wil my blameer, so amper asof ek kers vasgehou het.

Dit is nou te laat vir ’n aborsie, maar ek glo anyway nie daarin nie.

Ek het vir my dogter gesê dat sy ná die geboorte van die kind terug skool toe moet gaan, want ek gaan nie toelaat dat die swangerskap haar toekoms ruin nie.

Nou is die ander probleem die pa van die kind wat nou te kenne wil gee dat dit nie sy kind is nie.

Antie, sy mense kom ook nie na vore sodat ons oor die ding kan praat nie. Hulle is nou van daai soort wat orals vir almal vertel dat dit iemand anders se kind is.

Dit maak my kwaad en hartseer, want my kind kan nou wel swanger wees, maar sy is nie ’n slet wat met elke liewe klong in ons buurt geslaap het nie.

Ek glo haar as sy sê dat sy net met hom geslaap het, maar die seun se ouers se gedrag laat dit lyk of ons almal nou lieg.

Hulle is mense met ’n bietjie geld. Nou lyk dit so amper asof ons agter hulle geld aan is.

Ek wil hulle gaan sien, maar sukkel om my man te convince om saam met my te gaan, want hy wil net daardie seun bedood. —Teleurgestelde Ma, WhatsApp

Geen ouer kan 24/7 hulle kinders dophou nie.

Dit is onmoontlik. Een van die moeilikste “jobs” op aarde is om ’n ouer te wees, want jy kan als in jou vermoë doen om die nodige platform van waardes en dissipline te lê, maar dan kan hierdie tipe ding steeds gebeur.

In baie van ons gemeenskappe krioel dit veels te veel van tienerswangerskappe. Die vinger kan in baie gevalle nie net na ’n ouer gewys word nie, want daar is meer as genoeg ouers daar buite wat hulle sout werd is en nie hulle kinders stuur om Russian roulette met hulle toekoms te speel nie. Hier sal jou man mature moet wees en besef dat pleks van jou te blameer, julle as ’n team moet saamwerk om julle dogter te support in hierdie moeilike tyd.

Julle dogter moet besef dat di? unfortunate event nie die einde van haar toekoms beteken nie. Daarvoor is daar meer as genoeg suksesvolle vroue daar buite wat ten spyte van ’n tienerswangerskap steeds sukses in die lewe behaal het.

Wat daardie klong betref: Hy kan eenvoudig nie toegelaat word om op so ’n jong ouderdom al sleg te raak nie.

Vir Antie is seker een van die ergste dinge wat ’n mens kan aanvang, om jou eie vlees en bloed te ontken.

Daar sal eenvoudig met hom en sy ouers vergader moet word sodat die pad vorentoe bespreek en uitgelê kan word. Hierdie is tyd vir inspring en met oplossings vorendag kom en nie kwaadwillige liegstories versprei nie.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees