Magic tussen ons weg ná ons baba se dood

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK EN my meisie gaan al drie jaar uit. Sy is 24 en ek 25 jaar oud.

Antie, ons is deur baie dinge.

Haar ouers likes my nie en sy het al ons baba verloor. Maar de­spite al hierdie challenges is ons nog altyd saam.

Ek is lief vir haar, spoil haar as ek kan en dit kom glad nie in my mind op om ooit op haar te cheat nie.

Maar since ons die baby verloor het, is sy different en weet ek nie aldag hoe ek dit met haar het nie.

Niemand weet sy het die baby verloor nie, behalwe ek. Ons het besluit om dit stil te hou, want dit sou haar ouers net meer goed gee om my mee te kruisig.

My girl is nou nie meer die sonskyn-mens van wie ek so baie gehou het nie.

Geskree

Dit is nou ’n jaar later en sy wil nie eens meer met my uitgaan vir ‘n drive of na die movies soos wat ons altyd gemaak het nie.

Wanneer ek by hulle huis kom, moet ons net voor haar ma-hulle se huis in die kar sit.

Sy shut my ook uit wat ons baby betref. Ek wil praat oor wat gebeur het, maar nadat sy eenkeer amper my ore af geskree het, los ek maar nou daai subject.

Ek wou propose voordat sy die baby verloor het,, maar ek weet darem nie meer so mooi nie. Die mens wat sy nou is ... dit laat my wonder of daar ’n future vir ons saam is.

Ek het haar al gevra of sy space soek, want sy praat nie eens met my nie. Ons sit maar soos Kiepie in die kar. Ek praat, maar sy sê nie veel nie.

Dit laat my wonder of die magic tussen ons nie maar gone is en nie weer gaan terugkom nie. Antie, ek weet sy is in pyn, maar wat kan ek maak as sy nie daaroor wil praat nie?

Dit voel nie reg om haar in só ’n toestand te los nie, maar ek weet regtigwaar nie meer wat om te maak nie. — Hartseer, WhatsApp

Antie wil eerstens sê ek is baie, baie jammer om van julle verlies te hoor.

Daar is min dinge in die lewe wat compare kan word met die dood van ’n kind. Dit is die seerste, seerste seer.

En wat hierdie seer veral vir jou meisie nog soveel erger maak, is dat sy in silence moet rou.

Behalwe jy is daar niemand anders op wie se skouer sy kan huil nie, want niemand anders weet van julle verlies nie.

Hierdie is iets wat julle saam as couple kon oorbrug en vorentoe beweeg, maar ongelukkig wil sy in silence suffer.

Sy sluit jou uit, kasty haarself in die stilte en sien in dié stadium geen vooruitsigte vir die toekoms nie.

Dit is haar manier om met dinge te cope. Nie noodwendig die ideale manier nie, want dit sluit jou uit en laat jou magteloos voel, want jy wil so graag help om die seer ligter te maak vir haar.

Jy wil haar so graag help dat jy in die proses nie aandag gee aan jou eie seer nie. Onthou, in jou WhatsApp sê jy hoe besorg jy oor haar is, maar jou eie pyn en verlies moet ook nie vergeet word nie. Jy het net so baie verloor.

Die dood kan mense bymekaar bring, of uitmekaar dryf. Antie wil nie sien dat laasgenoemde met julle gebeur nie. Dinge gaan beter raak. Die seer gaan nooit heeltemal verdwyn nie en die gemis gaan altyd daar wees.

Maar teen watter koste aan julle verhouding as julle nie ’n manier kan vind om saam deur hierdie storm te stap nie?

Berading, veral grief counselling, is ’n wonderlike, wonderlike tool wat julle van soveel hulp sal wees.

Maak die voorstel. Laat sy weet dat jy omgee, besorgd en bekommerd is en ten spyte van julle tragiese loss, julle albei nog hier is en moet vorentoe beur in die lewe.

Silence is nie die antwoord nie. Julle liefde vir en ondersteuning aan mekaar gaan nie die seer laat verdwyn nie, maar dit gaan dinge draagliker maak.

Dit voel dalk nou daar is nie enige rede om soggens uit die bed te klim en ’n mate van normaliteit te face nie, maar as mens het ons nie veel van ’n keuse nie.

Die dood is immers ons skaduwee vanaf die eerste skree wat ons as baba in hierdie lewe gee. Alle sterkte. Antie hoop jy kan tot haar deurdring en julle sal krag in julle liefde vir mekaar vind om julle deur hierdie terrible tyd te dra.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees