Kind vrees dat ouers gaan skei

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK DINK daar is probleme in my ouers se huwelik.

Hulle vloek, baklei en skel nie voor ons nie, maar dit lyk asof dinge tussen hulle baie tense is.

Antie, my pa het ’n paar jaar gelede ’n affair gehad met een van ons neighbours.

My ouers weet nie dat ek daarvan weet nie.

Ek weet nie of hy weer besig is met sy dinge nie.

Hulle slaap nog in dieselfde kamer, maar ek het eenkeer gesien daar lê ’n matras op die vloer.

Dit maak my bang. Ek is baie lief vir my ouers en wil nie hê hulle moet skei nie.

Waar gaan ek en my broers dan bly? Hoe kies ons tussen ons ouers? Bekommerd, WhatsApp

Ai, Liefie, die dinge van grootmense kan vir ’n kind soms baie scary wees.

As daar probleme is, is dit hulle job om dinge uit te stryk.

Hopelik kan hulle dit wat pla, op ’n volwasse manier oplos.

Dit gaan jou niks baat om dinge vooruit te hardloop en jou te bekommer nie.

Wat ook al gebeur, Antie is seker dat jou ouers seker gaan maak dat julle so min moontlik in die proses verontrief sal word.

En niemand gaan van jou expect om te kies nie.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees