Haweloos ná kerksuster my uitvriet en toe spat

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK IS 57 jaar oud en het my een been in 2016 verloor nadat ek in ’n tref-en-trap-ongeluk was.

Ek was sedert 2000 haweloos en moes in verskeie nagskuilings bly.

In 2018 kry ek ’n uitbetaling van die Padongelukfonds en in September 2020 ontmoet ’n dame in die kerk.

Ons tree op 14 Februarie 2021 in die huwelik en gaan daarna vir agt dae op ons honeymoon.

Ek koop ’n huis en ons trek in. Op 1 Julie 2021 loop sy uit ons huwelik.

Ons skei op 3 Julie en ek verloor al my besittings. Die huis word teen ’n verlies verkoop.

Ek word weer haweloos en moes vanaf 28 Desember verlede jaar by ’n skuiling in E vir my blyplek gaan soek.

Antie, ek is ’n gelowige wat al 22 jaar gelede die drank opgegee het.

Wat staan my te doen om ook ’n gelukkige lewe te kan lei?

Ek het ernstig Antie se hulp nodig! – Anoniem, WhatsApp

Sjoe, daardie kerksuster het nie gespeel nie! Sy het met mening gekom vir haar pond vleis.

Antie moet onmiddellik byvoeg dat jy ongelukkig nie die hele verhaal vertel nie.

Jy hou baie mooi by die datums, maar kleur nie die prentjie so lekker in nie.

Nêrens word daar in jou Whats­App melding gemaak oor die redes hoekom hierdie vrou uit jul huwelik gestap het nie.

Was daar issues wat jy nie wil noem nie?

Het hierdie kerksuster net met jou getrou oor die geld en ná ’n rukkie besluit om in te cash?

Haastige hond verbrand sy mond . . . jy moes al van dié gesegde gehoor het?

Nou, daar is ’n rede hoekom die mense van toeka se dae dit gesê het, want in elke gesegde is daar nie net ’n storie nie, maar ’n les om te leer.

Ons is immers hier om uit mekaar se lewenslesse te leer sodat ons nie almal in dieselfde strik trap nie.

Dit is nou te laat om dinge oor te doen, maar jy moes in die eerste plek die kerk-kat eers goed uit die boom gekyk het.

Daar moet in ag gehou word dat daar baie kerke is wat mense kansel toe jaag.

Daar word gou vir jou gesê julle kan nie vir te lank date of in sonde leef nie.

Maar jy need om te verstaan dat jy aan die einde van die dag ’n lewe met die ander persoon moet leef.

Nie die kerk nie, nie die pastoor wat lus is vir ’n trou onthaal, of die kerksuster wat ’n trouhoed in die kas het wat smeek vir ’n event nie. Jy.

En omdat jy die een is wat in charge van jou eie lewe staan, durf jy jou nie blind staar as daar dalk warning signs is wat jou waarsku om nie met die persoon te trou nie.

Antie wil benadruk dat die volle storie nie geopenbaar is nie.

Ek het ook nie ’n law degree nie, maar hou buitendien nie van ander mense judge nie.

Maar dit is baie vreemd dat hierdie vrou nog nie eens vier maande uitgehou het in hierdie huwelik nie.

Het sy net kerk geloop op soek na ’n kerkbroer met geld in die bank?

Of het daar iets anders gebeur wat jy nie met ons deel nie?

Daar is nie ’n tried and tested resep vir ’n gelukkige lewe nie.

Die lewe kan buitendien nie net uit een never-ending fairytale bestaan nie.

Die goed en die sleg loop hand aan hand. Daar is somers- en winterdae in die lewe.

Die truuk is om die goeie met die slegte te aanvaar en die beste van elke slegte saak te maak.

Die truuk is ook om eers geluk in jouself te vind, voordat jy geluk met iemand anders soek.

Die truuk lê daarin om eers lief vir jouself te wees en nie te veel staat te maak op ander se liefde nie.

Daar is veels te veel mense wat hul dunk van jou skoei op jou status in society en jou bankbalans.

Sulke mense loop nie eens meer met maskers rond nie en is die gold diggers van die lewe.

Hulle moet jy soos die pes vermy en nie eens ’n sekonde lank entertain nie.

Hierdie is ’n duur les wat jy geleer het, maar nie die einde van alles nie.

Nes al jou ander berge, kan jy hierdie een ook suksesvol uitklim.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 296 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 207 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees