Girl soek ‘space’, maar hang dan met ekse uit

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK DATE ’n meisie wat nie haar mind kan opmaak oor wat sy in die lewe wil hê nie.

Die een oomblik is ons happy saam, die next oomblik whatsapp sy dat sy space nodig het.

Dan kan ek haar nie sien nie, totdat sy self laat weet sy mis my.

Maar in die meantime sal vrinne my sê hulle het haar met ’n eks van haar by ’n mall of iewers gesien.

Vra ek haar hieroor uit, stry sy en as sy nie eintlik ’n voet het om op te staan nie, sal sy sê ja, maar ons was mos nie ’n couple daai tyd nie. Dan sal sy ook claim dat hulle net gaan lunch of ’n movie kyk het as vrinne en niks meer as dit nie.

Antie, my geduld begin nou opraak met hierdie girl se inde­cisiveness, want ek kry die idee sy nie weet waar sy wil wees nie.

Tjoepstil

Sy is 20 en ek is 27 jaar oud. Ek verstaan dat sy nog jonk is, maar dit gee haar nie die reg om my te play nie.

Ek het haar al gesê sy moet my sê of ek moet aan-move, maar sy bly sê dis nie dít nie, sy het net issues waarmee sy moet deal.

Ons is nou weer op ’n break nadat sy weer gevra het vir space.

Hierdie keer is sy tjoepstil en daar is geen presence van haar op social media nie. Dit laat my nou weer wonder met watter goed sy deurmekaar is.

Eintlik is ek moeg van wonder wat in haar kop aangaan, Antie. Tog hou ek baie van haar. Nog nie op daai stage van wil trou nie, maar ek het nog altyd gevoel ek en sy kan ’n pad saam stap.

Maar nou weet ek darem nie meer so lekker nie. Sy soek dan nou meer space as wat ons actually in ’n verhouding is. — Anoniem, WhatsApp

Mense wat altyd so claim dat hulle space soek, is met niks anders as astronaut-gedagtes besig nie. As sy anyway so space soek, kan sy mos vir Nasa kontak.

Anyhow, Antie wil ook glo daar skuil meer agter hierdie tydelike break-ups, want dit wil voorkom of sy dit dan gebruik om tyd met haar eks deur te bring.

En wanneer sy moeg gekuier is met hom, dan is daar weer space in haar lewe vir jou.

Nou, Antie verstaan ook dat sy nog jonk is, maar jy is nie haar yo-yo nie.

Jy hoef nie so besluiteloos soos sy te wees nie. Stel haar voor ’n ultimatum: Óf sy maak plak vas oor waar en met wie sy wil wees, óf jy move aan.

Moet jou nie langer aan ’n lyntjie laat hou deur ’n kind wat seker nie eens weet hoe lyk ’n wasgoedlyn nie.

Liewe Antie Mona

DIT is gewoonlik mos net die mans wat oor seks kla.

Hulle kry mos altyd te min, of glad nie. Maar wat van ons vroue wat so met die low-quality seks tevrede moet wees?

Ek is getroud, al langer as 15 jaar. Ek het ’n goeie man, maar as ek eerlik moet wees, is hy nie ’n goeie lover nie.

Die man is baie hands-on om my en die kinders se lewe so comfy moontlik te maak. Maar hands-on in die slaapkamer is hy beslis nie.

Dis maar baie male ’n stryd om te act asof ek die daad geniet. ’n Daad waar hy my actually laat gaap.

Maar soos wat Antie nou ook weet, is die mans mos maar baie kleingevoelig. Sê ek nou net daai tollie doen dit nie vir my nie, dan is dit oorlog.

Dan wil daai tollie mos buite gaan perform en wys dat hy die job op ander plekke kan doen.

Ek is nie lus vir sulke drama in my lewe nie, nou hou ek maar my mond.

Maar dis belangrik dat mans moet weet dat ons as vroue net so baie goed het om oor te kla. Dis net dat ons ladies is en nie hulle brose feelings wil seermaak nie dat ons eerder maar ons mond hou. ’n Lady, WhatsApp

Antie het nou diep snaaks gekry vir die tollie wat “buite wil gaan perform”.

Vrou, die huwelik is nie maklik nie. Antie het mos nou finally ook Netflix. Ja, agteros kom ook in die kraal. But die punt wat ek eintlik wil maak, is dat die lewe glad nie soos in die romcoms is nie.

Mense, dis tough om in ’n huwelik of ’n verhouding te wees. Diegene wat wil voorgee dat hulle in fairytale relation­ships is, lieg of is in denial.

Alle verhoudings het uitdagings, maar die sukses van ’n huwelik of verhouding hang dikwels daarvan af hoe jy die tollie in jou lewe convince dat hy now en forever daai tollie-finalis is!

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees