Girl breek ou se hart, nou wil sy terugkom

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK EN my tjommie se vrou het eers gedate voordat hy haar van my gesteel het. Dit was so vyf jaar gelede toe ek uit die bloute uitvind hulle het iets aan.

Antie, om te sê dit was ’n skok vir my is ’n understatement, want daar was nie enige warning signs nie.

Sy was die een wat toe ons uitgegaan het nie eens van hom gehou het nie. Elke keer as ek met die boys wou uitgaan en sy het gehoor hy gaan saam, dan het sy teen die karre geskop.

Haar redes was altyd dat hy verwaand is, ’n player is en my gaan verlei.

Vergewe

Omkom van die bom, toe is sy die een wat mý met hom verkul.

Nou, ek is nie nog ’n ou van hard feelings en al daai dinge nie.

Dit was tough, maar ek het hulle vergewe. Obviously was ek die fool onder die vrinne, want vir some reason dink mense mos dis snaaks as jy vir ’n fool in ’n verhouding gevat word.

Wat kon ek anders doen as om aan te move? Daar is baie visse in die see, soos ons almal weet, en ek is nie een van daai ouens wat oor ’n goose gaan baklei nie.

Sy het nog die fine cheek gehad om my na hulle wedding ook te nooi, maar ek het nie gegaan nie.

Ek dink nie enige een kan my blame dat ek nie lus was vir ’n sirkus waar ek vir ’n clown gevat word nie.

Dinge tussen my en die tjommie was ook nie meer dieselfde nie. Hy kon my nie meer in die oë kyk nie omdat hy obviously geweet het wat hy aan my gedoen het.

Maar sal die goose dan nou nie vir haar kom lastig hou nie en sê ja, sy is diep sorry dat sy ooit met hom getrou het. Ek het vir haar gesê ek stel regtig nie belang in hulle problems nie, maar dit lyk nie asof sy die message kry nie.

Ek word sommer diep in die nag gewhatsapp met “miss you”-boodskappe, hartjies en soentjies en al daai emoji’s.

Die goeie, ou vriend van destyds cheat nou glo op haar met ’n skoolkind en sy bly in trane.

But daai het niks met my te doen nie. Sy het my hart gebreek, maar ek het aanbeweeg.

Ek date op die oomblik ’n oulike girl en ons vat dinge rustig.

Vir my voel dit al klaar asof sy die een is, but ek wil nie weer dinge vooruit loop nie.

Dis hoeka die oulike girls wat ’n man se hart so kan breek.

Ek en die meisie is eerlik met mekaar, Antie, en ek wys haar die boodskappe wat die eks so stuur.

Sy lag net en sê ek kan maar my ou brood terugvat as ek wil.

Maar ek staan nie daarby nie. Die ding is net daai goose is ’n las. Dis amper so asof sy nie ore het nie.

Ek kom kry haar man gereeld by brasse waar ek nog soms afkoel en hy is amper soos iemand wat nie getroud is nie.

Ek voel net sy het haar kans by my gehad en sy het nie die reg om haar problems nou op my te wil kom afpak nie. — Eks-berk, WhatsApp

Ek vermoed hulle het destyds lankal ’n ding agter jou rug gehad, daarom wou sy nie hê julle moes uithang nie.

Tien teen een was sy bang dat as julle voggies begin vloei, hierdie ou sy mond verby sou praat.

Maar toe vat hulle mos mekaar en los jou met pap op die gesig.

Sy het haar kooi gemaak en moet nou met haar probleme deal.

Spyt kom altyd te laat, maar die koeël is deur die kerk en jy sal weer ’n fool van jou maak deur jou enigsins met haar te bemoei.

As sy maar net destyds na haar eie concern oor die player-giere van hierdie sogenaamde vriend van jou geluister het, sou sy haar nie nou in hierdie predicament bevind het nie.

Ek verlekker my geensins in haar situasie nie. Dit is ’n aaklige gevoel om getroud te wees met ’n man wat ontrou is. Die feit dat dit nog ’n skoolgaande kind is, maak dit soveel erger.

Hierdie is egter haar battle en hare alleen.

Dit het niks met jou uit te waai nie, want sy het nie vir jou kans gesien nie.

Moenie worry daaroor of sy ore het of nie. Haar probleem is haar vel is veels te dik en sy weier om te verstaan dat jy nie meer in haar of haar dramas belang stel nie.

Uitwerk

As sy jou weer met haar probleme lastig val, vra haar of jy dit dan sommer onder die aandag van haar man moet bring wanneer hy weer saam met julle kuier.

Jy sal sien hoe sy sommer gou laer as laag gaan lê.

Geniet die verhouding waarin jy tans is en Antie hoop van harte dat dinge hierdie keer vir jou gaan uitwerk.

Vat dinge stadig, ja, maar moenie toelaat dat die seer van die verlede jou paranoid maak en laat wegskram van die geluk wat jy deur en deur verdien nie!

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees