Geskeide vroutjie soek tog bietjie vriendskap

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK is N van die Kaap en is 35 jaar oud.

Ek en my kind se pa was 16 jaar saam. My kind het ek gekry toe ek 31 jaar oud was.

Hy het 4 jaar gelede begin cheat op my met ’n meisie wat hy my eers mee laat bevriend het.

Sy het net so agter my gebly. Al wat ek gevra het, is dat hy my kind nie saam moet uitvat met haar en haar kind nie, en dat hy haar en haar dogter apart moet uitneem.

Ek het hom gelos, maar hoor is min. My seuntjie is nou 4 jaar oud en bly vir my kom sê dat hulle saam uit was.

Ek weet nie meer wat om te doen nie, Antie. Ek het al my kind weggehou van hom, maar dan mis my kind weer sy pa. Ek het hom voorheen gesê dat aangesien ek nie werk nie, kan hy sy kind elke naweek kry.

Toe sê sy ma ek probeer hom spite, want een naweek werk sy meisie, en die ander naweek is sy af.

Ek is woedend vir hom, want hy het verkies om eerder sy naweek te spend met die meisie en haar dogtertjie as met my seun.

Dit was ons albei se eerste kind en hy was beplan. – N van die Kaap, WhatsApp

Jy moes natuurlik teen hierdie tyd al besef het dat selfs ’n “beplande” kind geen waarborg is dat ’n verhouding gaan hou nie.

Deesdae is kinders in ’n huwelik selfs geen guarantee dat daai marriage the test of time sal kan weerstaan nie.

Jy moet daarteen waak dat jou woede teenoor hierdie man jou seun ’n verhouding met sy pa deny. Dit is nie jou kind se skuld dat dinge tussen sy mammie en daddy nie uitgewerk het nie.

Om hierdie ou te wil straf deur sy kind van hom weg te hou, is dus nie fair nie.

Jou seun spend tyd met sy pa en is nie besig om huisie-huisie met ’n nuwe mammie en nuwe sussie te speel nie.

Dit is ’n bietjie hectic om te verwag dat jou eks separate lewens met sy nuwe meisie en haar kind, en jou kind lei.

En verder is die lewe diep duur deesdae. Kan daar van hom verwag word om twee uitstappies te reël as hy die kinders bietjie wil bederf?

Hierdie meisie wat hy nou date is dalk die een met wie hy eendag gaan trou.

Is dit fair teenoor jou seun dat sy en haar dogter vreemdelinge vir hom moet bly?

Hierdie is dalk nie wat jy wou hoor nie, maar jy need om die groter prentjie hier te sien.

Jy wil jou nie eendag, jare van nou, in ’n posisie bevind waar jou seun jou blameer oor hy nooit die kans gehad het om ’n relationship met sy pa op te bou nie. Jy wil nie hê jou kind moet eendag met verlange staar na die lekker bond wat sy pa met ’n kind het wat nie eens sy vlees en bloed is nie. Ja, hy het jou verneuk en jou hart gebreek. Maar jy need om te let go van al hierdie anger. Dit is tyd dat jy peace maak en aanbeweeg.

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 52-jarige vrou met ’n vaste werk.

Antie, ek is in 2018 geskei en die behoefte aan vriendskap en kameraadskap met die oog dalk op ’n verhouding, is ’n brandende gevoel.

Ek weet u is nie ’n “dating site” nie, maar dis net soveel makliker om met u te praat.

Dalk is daar ook ’n professionele persoon daar buite tussen die ouderdom 50 en 60 wat op soek is na liefde. Iemand met eerlike en opregte bedoelings. Hulle kan gerus van hulle laat hoor en dan hul nommers by Antie los. - Op Soek na Liefde, WhatsApp

Nou gaan hierdie WhatsApp-lyn van Antie seker crash met al die versoeke wat gaan deurkom van mans wat jou nommer soek.

Mans wat jou nommer soek en dan is hul profile pic van hom en sy meisie/vrou.

Antie plaas weinig sulke versoeke omdat daar baie professionele jakkalse daar buite is.

Maar dis winter, Eskom maak ons almal se gemoed naar en soms het ons net liefde nodig. Iemand om liefdevol na te staar, pleks van almal van ons wat aanhou staar na ons load shedding-skedules.

Dis nie lekker om alleen te wees nie en elke pot wil mos maar sy/haar deksel in die lewe hê.

Daar is egter baie vasgebrande potte daar buite wat mense wil uitbuit en by wie daar geen erns of commitment is nie. Maar kom ons hoop daai soort potte lê nog laag oor dit winter is.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees