‘Friend with benefits’ smaak nóg ’n ‘vriend’

akkreditasie

Liewe Antie Mona

EK EN KP date al vir 2 jaar en 6 maande. Ons het ’n kind saam.

Antie, alles is fine deur die maand, but sodra hy gepay het, is die hel los.

Deur die maand kom hy nie uit met sy geld nie, dan moet ek vir hom travel-geld gee om by sy werk uit te kom. Ek doen dit, want hy moet mos darem vir sy kind sorg.

Maar sodra hy gepay het, word daar party gehou met sy tjommies.

As ek met hom daaroor praat, dan bly hy sê ek is bad luck en wil nie hê hy moet hom enjoy nie.

Hy is 29 en ek is 25. Hy het al van trou gepraat, but ek weet darem nie so mooi nie.

Daar is altyd meisies ook as hy en sy tjommies so party, maar ek mag nooit saam met hom gaan nie. Dan sê hy ons is nog nie getroud nie en ek wil net weer saamkom om hom op te pas.

Ek het al afgekom of messages op sy WhatsApp wat hy delete het, dan sê hy net dit was boodskappe wat na die verkeerde persoon gestuur is.

As ek hom dan vra hoekom hy dit dan delete het as die messages nie vir hom was nie, raak hy kwaad en sê ja, ek verbeel my ek werk by die FBI.

Antie, ek raak nou moeg vir sy dinge. As hy ook so party, het hy nie eens tyd vir ons kind nie. – Gatvol Meisie, WhatsApp

Meisa, dit is al lankal tyd dat daai vriende met wie hy so lekker party hom moet help om deur die maand by sy werk uit te kom.

Wat baat dit jy doen dit sodat hy sy kind kan support, maar dan support hy anyway aan die einde van die maand sy vriende se nice times?

So, dit sal net fair wees dat die mense wat hom aan die einde van die maand uitsuip hom dan ook help om by sy werk te kom.

Daai is nie jou worries nie, want jou kind score anyway niks uit die deal nie.

Verder klink dit mos vir Antie of daai berk van jou ’n paar goed het om weg te steek.

Check hom mooi uit en waak daarteen om jou tyd te mors met ’n ou wat niks anders doen as om jou aan ’n lyntjie te hou nie.

Wie wil anyway trou met ’n jong wat meer van sy vriende dink as sy meisie en sy kind?

Liewe Antie Mona

EK HET ’n friend with benefits-kollega.

Sy is 10 jaar ouer as ek en geskei.

Antie sal dit maybe nie glo nie, maar dit was actually sy wat met die idea gekom het en toe dink ek why not?

Ek is single, het ’n flat van my eie en ons meet die meeste van die tyd daar as haar kinders by hul pa is.

Ek moet sê ouer vroue weet exactly hoe om ’n man tevrede te stel en ek kan nie kla oor ons bedroom-sake nie.

Maar dit lyk nou asof sy nie genoeg kan kry nie, want ek sien sy gesels nou baie met ’n nuwe outjie by die werk.

Ek het haar straight gevra of sy hom smaak, toe lag sy en sê daar is nie ’n ring aan haar vinger nie.

Nou wat sê daai vir Antie? Kyk, ons albei is net in dit vir die fun, maar is three dan nie ’n crowd nie? – Anoniem, WhatsApp

Dit wil vir my klink asof hierdie vrou glad nie omgee vir meer hooi op haar vurk nie.

Dit is immers nie net mans wat meer as een girlfriend kan hê nie.

Smaak vir Antie niggie het ruimte in haar lewe vir meer entanglements en in jou geval gaan ’n peppermint-lekker nie werk nie.

Ek weet nie wat skeefgeloop het in haar huwelik nie, maar dit blyk dat hierdie vrou haar voorgeneem het om haar lewe te enjoy, want soos sy self sê: daar is nie ’n ring aan haar vinger nie.

Julle is albei grootmense. Antie vertrou dat julle baie veilig speel wat seks betref en die understanding tussen julle was dat jul kitaar nie strings aan gaan hê nie.

Dus het sy seker maar besluit jy is nie al een wat haar kitaar gaan slaan nie. Sy is al een wat haar exact redes aan jou kan explain.

Jy weet natuurlik dat jy nie vasgespin hoef te word in al hierdie entanglements nie?

Maar dan beteken dit dat julle in ’n vaste, exclusive verhouding gaan wees en dit is ’n oop vraag of hierdie vrou in hierdie stadium van haar lewe weer in ’n committed verhouding wil wees.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees